Lees die Engelse weergawe Julie 2023

NWU lewer navorsing vir 'n beter wêreld

Welkom by die vyfde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

UNESCO-leerstoel sit sy reis voort op sy pad om deure vir onderwys oop te maak

immagine1

'n Sleutelagentskap van die Verenigde Nasies het sy vertroue in die NWU getoon deur die leerstoel oor Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne vir 'n tweede termyn van vier jaar in te stel.

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie (UNESCO) het die NWU se voorlegging goedgekeur vir 'n hernuwing van die leerstoel, wat aanvanklik in 2019 aan die NWU toegeken is.

 LEES MEER

bible

Die gebruik van tegnologie om taalonderwysers vir die toekoms voor te berei

Terwyl debatte oor die gehalte van die opleiding van onderwysers voortwoed, is die NWU besig om te soek na oplossings soos gemengde werklikheid, wat sal verseker dat goed voorbereide en doeltreffende onder-wysers die land se klaskamers betree. Die onlangse bevindings van die 2021-PIRLS-studie dui aan dat 81% van Suid-Afrika se graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie, en het die debat oor die gehalte van die voorbereiding van voordiens-onderwysers in die opvoedkundesektor weer laat opvlam.

 LEES MEER

Studie ondersoek die gebruik van medisinale plante om kindersiektes te behandel

Dr Tshepiso Ndhlovu, 'n PhD-gegradueerde van die NWU, het belowende navorsing voltooi oor die gebruik van medisinale plante om kinders se siektes te behandel. Siektes onder kinders lewer wêreldwyd 'n groot bydrae tot die sterftesyfer van kinders, en die hoë koste van konvensionele behandeling vererger die probleem deur 'n finansiële las op landelike bevolkings te plaas. Suid-Afrika, met sy hoë armoede- en werkloosheids-koers, veral in die landelike streke, ervaar dit ook so.

 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Afrika-bevolkings en Eurosentriese selnavorsing

Waarom het sommige mense tydens die Covid-19-pandemie ernstiger koronavirus-simptome as ander ervaar? Internasio-nale navorsers glo dat 'n deel van die antwoord dalk diep in die mens se selle kan lê, veral in die mitochondriale DNS.

 LEES MEER

Die rol van ouers in die dissiplinering van leerders

Talle studies het 'n sterk korrelasie gevind tussen leerders se vlak van dissi-pline en hulle akademiese prestasie, met laasgenoem-de wat verbeter namate die vlak van dissipline verbeter. Maar watter rol speel ouers in die dissiplinering van hulle kinders?

 LEES MEER

Sonteleskoop brei navorsingshorisonne oor sonfisika uit

Die sonteleskoop van die Sentrum vir Ruimte-navorsing wat op die dak van gebou G5 op die NWU se Potchefstroomkampus geleë is, het die aandag van organisasies soos die BBC en Royal Astronomical Society getrek.


 LEES MEER

immagine1

Ontmoet ons navorsers

    Navorsers van regoor ons fakulteite doen opwindende werk op hulle kundigheidsgebiede. In hierdie uitgawe stel ons die werk van drie navorsers bekend:

  • Dr Byron Bunt, vakgroepleier en senior lektor in Geskiedenis vir Onderwys,
  • Prof Susan Coetzee van Rooy, navorser in die navorsingsfokusarea UPSET (Verstaan en Verwerking van Taal in Komplekse Omgewings), en
  • Dr Katlego Moloto, senior lektor in Ruimtefisika in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

 KYK HIER

facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.