Die cannabis-probleem: stel regsgrense vas
Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika het in 2018 die kweek en gebruik van cannabis gewettig, mits dit vir privaat gebruik deur 'n volwasse persoon in 'n privaat plek is. Adv Dineo Mongwaketsi het in haar meestersgraadnavorsing, wat by die NWU uitgevoer is, gekyk na die regsimplikasies wat die wettiging van cannabis vir werkgewers en werknemers inhou. Die doel van die studie was om vas te stel hoe die twee teenstrydige belange – persoonlike regte en die regte van werkgewers – hanteer moet word.
LEES MEER
|
Varswaterspesies word bedreig deur menslike aktiwiteite
Van klimaatsverandering en verwante uiterste weers-toestande tot besoedel-stowwe, oorbenutting en indringerspesies – menslike aktiwiteit is die hoofoorsaak dat varswaterspesies in Suid-Afrika se grootste vloedvlakte-ekostelsel bedreig word. So sê die NWU se Waternavorsings-groep (WRG), wat al die afgelope 10 jaar aktief betrokke is by studies wat met waterbewaring in die Pongolarivier en vloedvlakte (PRF) verband hou. Die navorsing word gelei deur prof Nico Smit en prof Victor Wepener van die WRG.
LEES MEER
|
Plaaslike energie-oplossings is die beste vir Afrika
Plaaslike oplossings vir die energiekrisis in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelings-gemeenskapslande (SAOG-lande) is nodig, sê dr Pamelah Cheuka, 'n spesialis in ekonomie wie se PhD-tesis op die energie-uitdagings van die streek gefokus het. Dr Cheuka se onlangse studie oor die impak van energiedoel-treffendheid en die opwekking van hernubare energie op produktiwiteit in die SAOG het die potensiaal om beleidsvorming oor energie te beïnvloed, veral in hierdie tye van klimaatsverandering.
LEES MEER
|