Topdienstoekenning vir NWU se sterrekundige
Die Royal Astronomical Society (RAS) van die Verenigde Koninkryk het sy 2022-dienstoekenning vir astronomie aan prof Don Kurtz toegeken. Die RAS sê in 'n verklaring: "Prof Donald Kurtz het 'n lewenslange toewyding aan openbare uitreikprogramme met 'n roemryke navorsings-loopbaan gekombineer." Volgens die RAS het hy openbare aanbiedings op elke vasteland behalwe Antarktika gelewer, en het hy 'n lank bestaande verbintenis om in skole in Afrika onderrig te gee. Prof Kurtz sê hy is verheug.
LEES MEER
|
In hierdie studie is die pad vorentoe ongeluksvry
Het jy jou al ooit 'n samelewing ingedink waar daar geen padongelukke is nie? 'n Padomgewing waar motors met mekaar kan skakel en kommunikeer om jou te help om jou besluite op die pad te neem? Wel, dit is onder andere wat dr Thulani Phakathi, 'n PhD-gegradueerde aan die NWU, deur sy doktorale navorsing beoog. Sy studie het gefokus op die gebruik van kubersekuriteitstegnologie om die prestasie van telekommunikasienetwerke en die ontwerp van doeltreffende roeterings-protokolle te verbeter.
LEES MEER
|
Bloedparasiete kom al hoe meer by Afrika-wildehonde voor
Volgens dr Edward Netherlands en sy kollegas van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die NWU, is daar onlangs aangetoon dat bloed-parasiete algemeen by die Afrika-wildehondbevolkings voorkom. Hulle studie oor bloedparasiete van spesies van Hepatozoon dui aan dat hierdie parasiete algemeen by die Afrika-wildehond-bevolkings (Lycaon pictus) voorkom. Die studie is as deel van 'n algemene gesondheidsopname van Afrika-wildehonde in die Nasionale Krugerwildtuin uitgevoer.
LEES MEER
|