Februarie 2022

NWU produseer navorsing wat saak maak

Welkom by 2022 se eerste uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.

immagine1

Topdienstoekenning vir NWU-sterrekundige

Die Royal Astronomical Society (RAS) van die Verenigde Koninkryk het sy 2022-dienstoekenning vir astronomie aan prof Don Kurtz toegeken.

Die RAS sê in 'n verklaring: "Prof Donald Kurtz het 'n lewenslange toewyding aan openbare uitreikprogramme met 'n roemryke navorsingsloopbaan gekombineer."

Volgens die RAS het hy openbare aanbiedings op elke vasteland behalwe Antarktika gelewer, en het 'n lank bestaande verbintenis om in skole in Afrika onderrig te gee.

"Ek is so bly dat ek deur die RAS erken word vir my uitreikprogramme en diensaktiwiteite oor my 55 jaar lange loopbaan," sê 'n verheugde prof Kurtz.

Prof Kurtz het in 2021 as 'n buitengewone professor by die NWU se Mahikengkampus aangesluit – 'n pos wat prakties beteken dat hy afgetree is maar steeds met die NWU geassosieer word.

Hy het 'n A1-navorsingsgradering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting en besoek die NWU-kampus van tyd tot tyd vanaf sy tuiste in Port Alfred, Oos-Kaap.

"Suid-Afrika was goed vir my tydens my loopbaan in astronomie.

"Ek sal voortgaan om my waardering te toon deur die belangstelling van jong Suid-Afrikaners in die wonders van die wetenskap te prikkel en die plesier en vreugde te smaak van 'n loopbaan in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, en wiskunde (STEM) – en die voordele wat dit vir die land inhou deurdat hulle hierdie belangrike werk doen, te geniet."

'n Roemryke loopbaan

Prof Kurtz het van 2010 tot 2020 meer as 300 openbare lesings gegee, tienduisende mense direk, en 'n baie groter getal op TV deur programme soos The Sky at Night, Stargazing Live en Big Ideas op TV Ontario, asook op die radio in die Verenigde Koninkryk, Australië en Suid-Afrika bereik.

Hy het aan die Universiteit van Kaapstad klas gegee voordat hy poste by universiteite in die VK aanvaar het.

Luister na 'n klankgreep van prof Kurtz.
 TERUG:
#theArtofResearch – maak gesondheidsorg meer toeganklik
 VOLGENDE:
Die pad vorentoe is ongelukvry
in hierdie studie
facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.