Februarie 2022

NWU produseer navorsing wat saak maak

Welkom by 2022 se eerste uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU.

Bloedparasiete kom al hoe meer by Afrika-wildehonde voor

Volgens dr Edward Netherlands en sy kollegas van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die NWU, is daar onlangs aangetoon dat bloedparasiete algemeen by die Afrika-wildehondbevolkings voorkom.

Hulle studie oor bloedparasiete van spesies van Hepatozoon dui aan dat hierdie parasiete algemeen by die Afrika-wildehondbevolkings (Lycaon pictus) voorkom.

Die studie is as deel van 'n algemene gesondheidsopname van Afrika-wildehonde in die Nasionale Krugerwildtuin uitgevoer, en die titel daarvan was "Molecular confirmation of high prevalence of species of Hepatozoon infection in free-ranging African wild dogs (Lycoan pictus) in the Kruger National Park, South Africa."

Dr Netherlands sê die navorsing het behels dat bloedmonsters van 54 diere ingesamel is en dat die monsters met behulp van molekulêre metodes, genaamd PCR-toetsing, vir die voorkoms van parasiete getoets is.

Volgens die studie deur dr Netherlands en sy kollegas, was die monsters van 42 van die 54 individue (77,7%) by die eerste monsterneming positief vir die spesie van die Hepatazoon-parasiet. Tussen 51 en 69 dae later is 20 honde weer getoets. In die veronderstelling dat al 54 individue steeds gelewe het, het die voorkoms van die parasiet dus gestyg tot 48 individue, of 88,8%, wat besmet is.

Afrika-wildehonde is ikoniese diere wat volgens die Afrika-natuurstigting (African Wildlife Foundation) as bedreig gelys word. Hulle status maak dit belangrik dat die spesie gemoniteer word, veral ten opsigte van hulle parasiete en potensiële siektes wat hierdie dalende bevolkings selfs verder kan bedreig.

1 / 3
Dr Edward Netherlands
2 / 3
Bloedparasiete van die spesie <em>Hepatozoon</em>
3 / 3
Die ikoniese Afrika-wildehond

Dr Edward Netherlands

Dr Edward Netherlands
Bloedparasiete van die spesie <em>Hepatozoon</em>
Die ikoniese Afrika-wildehond
 TERUG:
In hierdie studie is
die pad vorentoe ongeluksvry
 VOLGENDE:
Navorser met onlangse B-gradering jaag nuwe probleme oor antieke kulture na
facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.