x
“Die ware betekenis van die lewe, Wesley, is om bome te plant waarvan jy in die skaduwee waarskynlik nooit sal sit nie.”
Hierdie aanhaling – wat die belangrikheid van ’n nalatenskap beklemtoon – is deel van ’n gesprek wat Nelson Henderson, ’n baanbreker van die Swan River-vallei in Kanada, met sy seun gehad het.
Die aanhaling is beslis van toepassing op die NWU, wat projekte aangepak het om ons natuurlike erfenis te vier deur boom- en staproetes te ontwikkel en ook om nuwe bome te plant wat vir geslagte vorentoe steeds sal groei.
Roetes skiet wortel
Prof Stefan Siebert van Plantkunde sê die personeel en studente van hierdie vakgroep is opgewonde oor die nuwe boomroeteprojekte wat tans ontwikkel word.
Die ontwikkeling van boomroetes op al die NWU se kampusse is aanvanklik as deel van Plantkunde se eeufeesvierings in 2020 beplan, maar moes as gevolg van Covid-19-pandemie uitgestel word.
Plant elke jaar nog ʼn boom
Die eerste fase is om die Kampusboomroete op die Potchefstroomkampus te voltooi. “Dit is die oorspronklike beplande roete en is ongeveer twee kilometer lank, met 80 bome. Dit sal tot 100 bome uitgebrei word en in die toekoms sal ’n boom bygevoeg word vir elke jaar wat Plantkunde as vakgroep by die NWU bestaan.”
Die boomstandbeeld dui die begin van die Kampusboomroete aan en skep so ’n goeie fokuspunt vir die boomroete, en verhoog ook die sigbaarheid van die standbeeld.
Elke boom langs die pad sal ’n plaatjie met basiese inligting hê, soos die naam van die boom en ’n QR-kode. Meer inligting sal beskikbaar wees wanneer jy jou slimfoon of app gebruik om die QR-kode te skandeer.
Die Kampioenboomroete – wat nog besig is om ontwikkel te word – was aanvanklik deel van die nasionale Kampioenboomprojek waarin tweedejaar-Plantkundestudente van 2019 en 2020 die 10 grootste bome op die kampus geïdentifiseer het.
Meer inligting oor die kampioenbome is in die Envira-nuusbrief van die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur beskikbaar. Klik op die Champion Trees-knoppie op bladsy 2.
Die NWU Botaniese Tuin Boomroete is deur Chris van Niekerk, die kurator van die tuin, ontwikkel. “Met sy afstand van minder as ’n kilometer, is dit korter as die ander roetes, maar dit bevat ongeveer 100 bome. Daar is ook ’n groter verskeidenheid boomspesies, veral van ons pragtige inheemse bome.”
Hierdie roete sal dikwels vir opvoedkundige doeleindes op die kampus gebruik word, dus sal ’n kombinasie van boomplaatjies en geïllustreerde storieborde gebruik word.
Die Groenspan het reeds verteenwoordigers van die ander kampusse gekontak om die ontwikkeling van boomroetes daar aan die gang te kry. Die ontwikkeling op die Mahikengkampus het reeds onder leiding van prof Pieter Malan van Plantkunde begin.
Meer inligting oor die Groenspan is in die Envira-nuusbrief van die Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur beskikbaar. Klik op die Community Projects-knoppie op bladsy 2.
Die boomstandbeeld is ’n nabootsing van die vachellia (akasiaboom). Die universiteitsbestuur het in 2017 ’n behoefte geïdentifiseer om ’n openbare kunswerk te hê wat op al drie die kampusse geplaas kan word om ’n gedeelde doelwit en waardes te demonstreer.
Die oprigting van hierdie kunswerk het op 28 September 2021 op die Vanderbijlparkkampus begin. Dieselfde kunswerk is reeds op die Potchefstroomkampus opgerig, en die oprigting op die Mahikengkampus sal binnekort begin.
vier ons bome
SKADURYKE ROETES
Hou jou muis oor die sirkels hierbo en klik daarna op hulle om meer te lees.
Prof Stefan Siebert van Plantkunde sê die fokus sal na die ander kampusse verskuif sodra al drie die boomroetes op die Potchefstroomkampus ten volle geïmplementeer is.
NWU Botaniese Tuin Boomroete
QR-kodes soos dié een sal op elke boom langs die roete aangebring word. As die QR-kode geskandeer word, kry jy meer inligting oor die spesifieke boom.