Die ses kleurvolle LEGO-blokkies voor jou maak aanspraak op die kind in jou en wil jou net laat speel.

 

Dit was waarskynlik die ervaring van die grondslagfase-onderwysers van Laerskool Stilfontein en sleutelpersoneel van die Noordwes Departement van Basiese Onderwys toe van die NWU se personeel hulle aan die 6BRICKS-inisiatief bekendgestel het.

 

6BRICKS is ’n eenvoudige speletjie wat deur pret en kort aktiwiteite, wat slegs ses LEGO-blokkies behels, aan kinders vryheid verskaf om hulle geheues te oefen, te beweeg en kreatief te wees – kortom, om net te speel.

 

Die verskillende aktiwiteite – wat gestruktureer en aangepas kan word om by die kinders se vaardighede en belangstellings te pas – slyp hulle vaardighede vir taalontwikkeling en probleemoplossing, en leer hulle hoe om met mekaar saam te werk.

 

Die NWU se betrokkenheid by hierdie inisiatief beklemtoon ons oortuiging dat die grootste impak wat iemand kan maak, deur opvoeding is, en deur mense te bemagtig wat op hulle beurt ander sal bemagtig en onderrig.

 

Pak die eerste blokkies op hulle plekke

 

Voordat die provinsiale departement se personeel opgelei is, het die Fakulteit Opvoedkunde op 24 Augustus 2021 ’n proeflopie met die ondersteuning van Laerskool Stilfontein gedoen.

 

Ná hierdie geslaagde gebeurtenis, was dit die provinsiale departement se beurt.

 

Die 6BRICKS-inisiatief is reeds in Gauteng, die Oos-Kaap en die Vrystaat aan die gang gekry. Toe Noordwes agterweë gelaat is, het die NWU die uitdaging aanvaar en ons provinsie na die vierde plek op die nasionale bekendstellingsplan te laat opskuif. Dit is ’n eerste vir Suid-Afrika, aangesien geen ander Suid-Afrikaanse universiteit al ooit by ’n bekendstellingsprogram soos hierdie betrokke was nie.

 

Die NWU het die inisiatief amptelik aan Noordwes se vakkoördineerders vir die grondslagfase bekendgestel tydens ’n opleidingsessie wat op 1 September 2021 in Potchefstroom gehou is.

 

Die deelnemers is aangemoedig om weer die pret van spel te ervaar. Hulle het aan talle praktiese oefeninge deelgeneem, soos om patrone te bou, blokkies te pak, en bewegingsoefeninge te doen – alles met behulp van ses eenvoudige LEGO-blokkies.

 

Berei die weg voor

 

Die plan is om in die verskillende distrikte van Noordwes met die 6BRICKS-program te begin. Die NRO Care for Education fasiliteer hierdie inisiatief, en sal met die logistiek help om donasies van LEGO-blokkies by die Lego-stigting te kry.

 

Die Opvoedkundige Sielkunde-vakgroep en die navorsingsprojek WILWORKS het ’n gemeenskapsbetrokkenheidsprojek genaamd “6-Sess” in Noordwes begin. Hierdie projek vorm deel van die nasionale Departement van Basiese Onderwys se landswye bekendstelling van die 6BRICKS-inisiatief.

Klik hier  om die hele artikel te lees.



“As jy vir ’n jaar beplan, plant rys; as jy vir ’n dekade beplan, plant bome; as jy vir ’n leeftyd beplan, gee vir mense ’n opvoeding.”
- Chinese spreekwoord

 


“Spel is die werk van die kind.”

-Maria Montessori

 

 Dr Elize Küng en Prof Lloyd Conley by die amptelike bekendstelling en opleidingsessie vir die Noordwes Departement van Basiese Onderwys se personeellede.

ONDERWYS,

een LEGO-blokkie op ’n keer

Plavei die pad vir

 

Ons bou al lankal saam

 

6BRICKS bestaan al lankal by die NWU. Hierdie instrument is in 2019 bekendgestel en is sedertdien by die kurrikulum van alle eerstejaarstudente ingesluit.

 

Die inisiatief is in 2020 verder ontwikkel en as terapeutiese instrument by die BEd Honneurs Opvoedkundige Sielkunde-program ingesluit. Namate hierdie inisiatief ontwikkel, sal daar verdere innoverende byvoegings wees.

 

Elke eerstejaarstudent sal vanaf 2022 ’n stel 6BRICKS as deel van die Werkgeïntegreerde Leer-/Onderrig-program (WIL-program) ontvang. Op hierdie wyse sal die NWU-studente teen die tyd dat hulle professionele onderwysers is reeds met die internasionale 6BRICKS-inisiatief vertroud wees.