eish! het gepraat met Siyabonga Hlophe, die voorsitter van die VSR en die voorsitter van die Vanderbijlparkkampus se Studente-Kampusraad (SKR); Danielle Giorgi, die ondervoorsitter van die VSR en die Potchefstroomkampus se voorsitter van die SKR, en Thabang Tlale, die sekretaris-generaal van die VSR, en voorsitter van die Mahikengkampus se SKR, oor hoe hulle beplan om tydens ’n pandemie leiding te gee.

 

Die krag van sosiale media

 

Met meer as 3,6 biljoen mense wêreldwyd wat sosiale media gebruik, wil Siyabonga dit tot sy voordeel gebruik. Om aan die huidige protokol vir sosiale distansiëring te voldoen, wil hy sosiale media benut om met studente te kommunikeer.

 

“Dit gaan baie uitdagend wees om tydens ’n pandemie leiding te gee, maar ek is gereed vir die taak. Ek sal meer aktief op sosiale media wees en sal verseker dat die lyn van kommunikasie tussen my en die studente altyd oop is,” sê hy.

 

Daar was baie dinge wat verander het, veral binne die onderrig- en leer-ruimte, maar hierdie finalejaar-BEd-student sê hy wil in sy nuwe rol verseker dat studente nie akademies of finansieel uitgesluit word nie.

 

Siyabonga, wat van Ermelo in Mpumalanga kom, hou daarvan om in sy vrye tyd te lees.

 

Werk vir die volgende geslag

 

Danielle is die roos tussen die dorings – sy is die enigste vrou in die VSR se topdrie leierskapsrolle.

 

“Die Potchefstroomkampus is baie bekend vir sy omgeekultuur en lewendige studentelewe. Ek herinner my SKR altyd daaraan dat ons studentelewe deur die jare verskeie uitdagings oorkom het, en ons sal sonder twyfel ook die Covid-19-pandemie oorleef.”

 

Sy sê die pandemie bied aan die span ’n geleentheid om weer na te dink oor die formaat van hulle funksies en programme, en dat veranderinge moet verseker dat die post-pandemiese studentelewe selfs beter is as die een wat hulle nog altyd geken het.

 

Danielle is in die “Rosestad”, Bloemfontein, in die Vrystaat gebore en getoë. Wanneer sy nie met haar nagraadse diploma in besigheidsbestuur besig is nie, lees sy, of sy luister musiek of sy reis.

 

4IR is die antwoord

 

Die wêreld het die Vierde Industriële Revolusie (4IR) betree en Thabang wil hê die NWU se studente moet tred hou daarmee.

 

“Een van die uitdagings wat ek as leier hierdie jaar sal moet aanpak, is dat eerstejaarstudente by aanlyn leer moet aanpas. Aanlyn leer bied ’n aantal geleenthede en uitdagings. Daar is studente wat sal presteer en ander wat nie hulle beste sal kan lewer nie. Ek wil diegene probeer help wat sukkel,” sê Thabang.

 

Hy sê hy sal op sosiale media beskikbaar wees vir studente wat sy hulp nodig het.

 

Hierdie finalejaar-BEd-student kom van Zeerust in Noordwes en sê hy hou daarvan om in sy vrye tyd te kook en te lees.

 

Die NWU wens vir Siyabonga, Danielle en Thabang geluk met die planne wat hulle tydens hierdie pandemie gemaak het. Die universiteit sien daarna uit om die vrugte van hulle harde werk te pluk.

 

Indien 2021 enigiets soos 2020 gaan wees, gaan die pasverkose leiers van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) hulle hande vol hê. Hulle gaan te midde van die beperkings wat as gevolg van Covid-19 daargestel is, kreatiewe maniere moet vind om leiding te neem en met studente te skakel.

LEIDING WIL NEEM

Hoe die VSR tydens hierdie pandemie