Dit wil voorkom of die Mahikengkampus die tuiste van jiu-jitsu-kampioene geword het. Die kampus het oor die jare heen verskeie nasionale en internasionale kampioene opgelewer, waarvan die jongste Elvis Moyo is.
te begin
Student Elvis Moyo het in 2019 twee goue medaljes by die wêreldkampioenskap in Suid-Afrika, en ’n toekenning as die beste jiu-jitsu-vegter by die wêreldkampioenskapstoernooi gewen.
SELFVERDEDIGING
Elvis, ’n meestersgraadstudent in toegepaste stralingswetenskap en -tegnologie, het aangesluit by eweknieë soos Tshepo Botipe en Moses Radebe, wat as nasionale kampioene gekroon is en daarna die jiu-jitsu-kampioenskap van die wêreld gedomineer het.
Die verwerwing van selfverdedigingsvaardighede
Elvis het op die ouderdom van vyf jaar met vegkuns begin, en sy belangstelling in jiu-jitsu het posgevat omdat hy selfverdedigingsvaardighede wou verwerf.
“Afgesien van die fisieke voordele, bou jiu-jitsu jou selfvertroue en leer jou selfverdedigingstegnieke. Dis ’n vaardigheid wat almal moet hê,” sê hy.
“Die ander rede waarom ek met jiu-jitsu begin het, is dat ek nog altyd ’n afgeronde vegter wou wees. Ek het meer daaroor uitgevind nadat ek ’n artikel gelees het oor Moses, een van ons eie studente wat Brasilië toe is,” sê Elvis, wat die houer van ’n blou gordel is.
“Jy leer deurgaans nuwe tegnieke in jiu-jitsu en daarom dus ook nuwe vaardighede wat jy nodig het om jouself in bedreigende situasies te beskerm,” sê hy.
Hy neem aan regopstaande sowel as groepgevegskuns deel.
Verskeie titels onder sy blad
Elvis het talle provinsiale, nasionale en wêreldtitels in die sport. Hy het in 2019 twee goue medaljes by die wêreldkampioenskap in Suid-Afrika en ’n toekenning as die beste vegter by die wêreldkampioenskapstoernooi gewen.
Voor die wêreldkampioenskap het Elvis ’n goue en ’n silwermedalje by die Suid-Afrikaanse kampioenskap verwerf.
Hy en vyf ander studente van die Mahikengkampus was deel van die nasionale jiu-jitsu-span wat Suid-Afrika in 2018 by die 26ste jaarlikse Verenigde Nasies van Jiu-Jitsu se wêreldkongres en kampioenskap in Gibraltar verteenwoordig het.
Gee ook aan ander
Elvis sê die gewildheid van die sport neem baie vinnig in Suid-Afrika toe. “Ons het nou ’n aanlyn Morganti-jiu-jitsu-program by die universiteit bekendgestel. Dit sal enigeen vanaf enige plek in Suid-Afrika in staat stel om deur die range op te beweeg,” voeg Elvis by.
Die onmiddellike plan is om selfverdedigingsklasse in Morganti-jiu-jitsu aan te bied om studente en lede van die publiek wat kwesbaar is vir geslagsgebaseerde geweld te help.
Elvis beplan om voort te gaan om die NWU se vaandel hoog te hou deur nog wêreldtitels te verower en talle elite-vegters te produseer.
inspireer student om met
Meer oor jiu-jitsu
Jiu-jitsu is ’n Japannese selfverdedigingsvegkuns en gevegsport wat op worsteling (grappling), grondgevegte en onderwerpingsgrepe gebaseer is.