>

LEES MEER

>

gaan vir goud

Om ’n balans te kry tussen studentwees en groot hoogtes in jou sport te bereik, is nooit maklik nie.

 

Dit kan egter gedoen word. Die NWU se hamergooier, Alan Cumming (21), judodeelnemer Chante-Louise Labuschagne (20), en die bokser Onalenna Tsae (25) het gewys dis moontlik om akademies te presteer en steeds op sportgebied uit te blink.

Alan se visier is gestel op die hamergooititel by die 2018 Statebondspele, wat van 4 tot 15 April in Queensland, Australië gehou word.

Alan, ’n finalejaar BEd-student in Vanderbijlpark, presteer tans op sy beste en sy gooi van 69,14 m aan die einde van verlede jaar het hom vir die spele in Australië laat kwalifiseer.

As deel van die NWU se atletiekspan word hy en sy spanmaats in Vanderbijlpark deur Basie Koen by Sasolburg Tegniese Hoërskool se hamergooi-akademie afgerig. Volgens Alan, wat sedert graad 9 aan die sport deelneem, verg dit baie harde werk, baie oefen in die gim, en nog meer oefening in die veld om sukses in die sport te behaal. Hy gebruik tans ’n 7,26 kg-hamer.

Alan sê wanneer hy aan die Statebondspele dink, is die sleutel tot sukses om te fokus. “Ek moet net een gooi op ’n slag hanteer, en van daar af vorentoe gaan.”

 

 

GEREED VIR DIE STATEBOND-

SPELE

 

 

Hamergooier Alan Cumming

gaan aan die XXI

Statebondspele

deelneem.

 

 

 

 

 

Beweeg oor teks om meer te lees

Met ongeveer 13 jaar ervaring van judo* het Chante-Louise reeds talle prestasies agter die blad.

Hierdie BEd-student in Potchefstroom het op die jong ouderdom van sewe jaar met judo begin. Haar oom, Anton Labuschagne, het haar aan die sport bekendgestel en hy is ook haar afrigter.

Chante-Louise, wat van ’n klein dorpie in die Vrystaat kom, se sport het haar al na 13 verskillende lande geneem en talle medaljes laat verower. Sy sê haar grootste prestasie was om in drie van die vier Junior Afrika-kampioenskappe tot by die finale deur te dring. “Ek het twee bronsmedaljes en ’n silwermedalje verower en my volgende doel is om met 'n goue medalje van hierdie jaar se Junior Afrika-kampioenskap af huis toe te kom,” sê sy. Sy voorsien dat sy in die volgende vyf jaar die hoogtepunt van haar sportloopbaan sal bereik en dat sy ook opkomende sportsterre sal afrig.

*Judo is ’n tipe vegkuns wat uit ju-jitsu voorspruit en waarvan die doel is om die liggaam en denke te oefen.

 

DIE VOLGENDE AFRIKA-KAMPIOEN?

 

 

Judo-deelnemer Chante-Louise Labuschagne se oom,

Anton Labuschagne,

is ook haar afrigter.

 

 

 

 

 

Beweeg oor teks om meer te lees

Boks is steeds ’n sport wat deur mans oorheers word, maar Onalenna – van ons kampus in Mahikeng – het ambisieuse planne om ’n professionele bokser, bokspromotor en krytbeampte te word.

Hierdie meestersgraadstudent in statistiek het haar boksloopbaan in 2011 begin met ’n geveg by die Universiteit van die Witwatersrand wat gelykop geëindig het.

Sy het in 2014 aan ’n aantal Universiteitesport Suid-Afrika-toernooie (USSA-toernooie) begin deelneem, asook aan provinsiale en nasionale kampioenskappe.

Sy het verlede jaar ’n silwermedalje as die Sportvrywilliger van die Jaar by die Noordwes-provinsie se 2017 Sporttoekennings ontvang.

 Onalenna sê sy bewonder die internasionaal-erkende boksskeidsregter en  beoordelaar, Sylvia Makaila, en wil graag in haar voetspore volg.

ONALENNA WIL PROFESSIONEEL BEGIN DEELNEEM

 

 

Onalenna Tsae beplan om

’n professionele bokser, bokspromotor en krytbeampte

te word.

 

 

 

 

 

Beweeg oor teks om meer te lees

Die NWU sien daarna uit om die volgende suksesse van Onalenna, Alan en Chante-Louise saam met hulle te vier.