>

LEES MEER

>

JONG JABULILE MAAK 'N

  NASIONALE IMPAK

Op die ouderdom van slegs 31 jaar, baan dr Jabulile Makhalima, ʼn dosent in internasionale handel, reeds die weg op die gebied van ekonomie.

Links bo: Jabulile kuier saam met TV-aanbieder Khanyi Dhlomo (links) tydens die tydskrif Destiny se Power of 40-toekenningseremonie.

 

Hierdie akademikus op die NWU se kampus in Vanderbijlpark doen nie net baanbrekerswerk op haar vakgebied nie, maar inspireer ook die volgende geslag jong vroue in Suid-Afrika.

 

Jabulile se vasberadenheid en deursettingsvermoë het haar gehelp om

as gerespekteerde jong navorser in ekonomie te ontwikkel en het vir haar

’n welverdiende en gesogte plek op die tydskrif Destiny se hoëprofiel-

Power of 40-lys vir 2017 losgeslaan.

 

Vir hierdie jaarlikse Power of 40-veldtog word bekwame en ambisieuse vroue – almal onder die ouderdom van 40 jaar – in verskillende kategorieë as rolmodelle en ambassadeurs van vroulike bemagtiging benoem.

 

Die vroue op die lys verteenwoordig verskillende gebiede. Die 2017-lys spog met mense soos Caster Semenya (NWU-alumna en wenner van ’n Olimpiese goue medalje), Samba Yonga (medestigter van die Women’s History Museum in Zambië), dr Shakira Choonara (streeksvoorspraakbeampte by die Suider-Afrikaanse VIGS-trust), Nicki van’t Riet (openbarebelangelitigant) en Nthabeleng Likotsi (uitvoerende voorsitter en stigter van die Young Women in Business-netwerk).

 

Oor haar benoeming

 

Jabulile is een van die NWU se heel jongste PhD-gegradueerdes in ekonomie nadat sy haar doktorsgraad in 2016 op die ouderdom van 30 jaar verwerf het. Dit was dan ook die basis vir haar benoeming vir die Power of 40-lys, wat ’n “geweldige eer en oorweldigende ervaring” was.

 

“Vir ’n jong vrou uit ’n klein dorpie soos Vereeniging is so ’n erkenning amper ongehoord,” sê Jabulile en voeg by dat sy haarself aanvanklik nie as ’n rolmodel gesien het nie. “Namate die veldtog gevorder het, het ek talle boodskappe van ondersteuning ontvang, en het ek begin besef dat my reis ook mense om my beïnvloed. Dit is ’n besef wat ’n mens baie nederig laat voel.”

 

Sy sê vroulike rolmodelle is noodsaaklik om die selfvertroue van jong meisies te help bou, en die Power of 40-veldtog het haar gemotiveer om jong vroue te inspireer om vir hulself hoër doelwitte te stel.

 

Toe sy oor haar eie rolmodelle uitgevra is, het Jabulile haar studieleier en voormalige kollega, dr Brendah Sekatane, uitgesonder. “Brendah het baie in haar lewe bereik – sy het daarin geslaag om die status quo uit te daag en haarself as goedingeligte kundige in ’n oorwegend manlike omgewing te vestig.”

 

The princess at the ball