Die NWU het sy “Become More”-veldtog verskerp deur stories – soos dié van *John, ’n derdejaar-ingenieurstudent – te vertel om studente, personeel en belanghebbers te motiveer om elke dag daarna te streef om beter weergawes van hulself te word.

 

Senior handelsmerkspesialis Musa Zanempi het met eish! oor die veldtog gepraat en vertel wat hulle graag wil bereik.

 

V: Hoe sou jy die veldtog beskryf?

A: Wanneer ons studente ’n kwalifikasie aan die NWU verwerf, kry hulle nie net ’n graad nie, hulle stap ook weg met lewenservaring wat hulle in staat stel om bokant die res uit te styg.

 

Die NWU gee vir sy belanghebbers ’n ruimte om moontlikhede te ondersoek, hul wêreldbeskouing uit te brei, van ’n student na ’n alumnus te vorder, en groter hoogtes te bereik. Dit is om hierdie redes dat ons handelsmerkspan die “Become More”-tema vir 2020 gekies het.

 

V: Wat wil julle graag met hierdie veldtog bereik?

A: Die doel van die veldtog is om tot die hart van ons gehoor te spreek en ons handelsmerk, waardes en identiteit deur lewensegte stories en ervarings te bevorder. Die NWU wil met hierdie veldtog ook graag inligting deurgee en aansluiting by sy belanghebbers vind.

 

V: Op watter platforms kan die veldtog aangetref word?

A: Die veldtog sal op die NWU se webwerf, sosialemediabladsye, MyNWU-app, en verskeie radiostasies en digitale platforms aangetref word. Ons hoop ook dat ons die veldtog op elke belanghebber se digitalemediaplatforms sal sien.

 

V: Hoe kan werknemers hierdie veldtog in hulle alledaagse lewens inkorporeer?

A: Ons moedig kollegas aan om hul veldtogboodskappe op hul eie sosialemediaplatforms te deel omdat ons almal handelsmerk-ambassadeurs van die NWU is.

 

* ’n Fiktiewe karakter       

FOKUS OP

*John kom uit ’n minderbevoorregte agtergrond en hy het geleer dat opvoeding die sleutel tot sukses is. Hy het geweet dat om aan een van die beste universiteite in die land te studeer, en die ekstra myl te loop, hom sou help “om meer te word”.

Musa Zanempi is ’n senior handelsmerkspesialis by Bemarking en Studentewerwing.

Klik op elke blokkie hieronder om die advertensies wat deel is van hierdie veldtog te sien, of daarna te luister.

Styg uit bo die res

SESOTHO

AFRIKAANS

ENGLISH

SETSWANA