Dit loop in die familie

 

Haar liefde vir krieket het as jong meisie begin toe die SAUK die uitsending van die kinderprogramme onderbreek het en na die krieketuitsending toe oorgeskakel het. “My oupa het vir my die spel verduidelik en van toe af was ek betower,” onthou sy.

 

Madri, wat in Brakpan gebore is, het Potchefstroom haar tuiste gemaak ná sy matriek geskryf het, waar sy eers ’n BCom in arbeidsverhoudinge en daarna ’n honneursgraad in mensehulpbronne verwerf het.

 

Haar dogter Marli, wat haar ma se passie deel, is in graad 11 in Potchefstroom Gimnasium, waar sy ’n krieketspeler, gekwalifiseerde skeidsregter en tellinghouer is.

Krieket berus op getalle. Dit is ’n spel van statistiek en van kolf- en boulgemiddeldes. Kortom, dit gaan oor telling hou en om as nommer een bo uit te kom.

 

Madri van Staden het dekades lank die stryd tussen kolf en bal aanskou – eers vanuit haar uitkykpunt as die tellinghouer van die NWU se eerstespan, en toe as skeidsregter van agter die paaltjies.

 

Dis Madri se beurt om in tel te wees

 

Haar skeidsregterskap is wat die aandag van krieketliefhebbers getrek het. Madri is in Julie hierdie jaar as die heel eerste vroulike Skeidsregter van die Jaar van Noordwes Krieket aangewys.

 

Dit is ’n uitsonderlike prestasie vir ’n vrou wat soveel van haar tyd aan hierdie geliefde spel afgestaan het.

 

“Ek kon dit nie glo nie,” sê sy oor die Skeidsregter van die Jaar-toekenning. “As gevolg van die Covid-19-epidemie was dit ’n aanlyn oorhandiging, dus het ons nie eens geweet wie benoem is nie.  Hoewel ek ’n goeie jaar gehad het, het ek regtig nie gedink dis nou my beurt nie.”

 

Madri wou nog altyd op skool krieket speel, maar omdat sy ’n meisie was, het sy nooit die kans gekry nie. “Toe besluit ek ek gaan ’n tellinghouer word,” verduidelik hierdie 37-jarige wat by Finansiële Beplanning werk.

 

Hulle inspireer haar

 

Skeidsregters vir wie sy ’n bewondering koester, is die Nieu-Seelander Kim Cotton, die eerste vrou om vir ’n manswedstryd as skeidsregter op te tree, en Suid-Afrika se “Slow Death”-skeidsregter, Rudi Coertzen. “Hy was die eerste skeidsregter wat ek werklik fyn dopgehou het.”

 

Haar gunstelingkrieketspelers – dié wat vir haar uitstaan – is Jacques Kallis, wat onlangs in die Heldesaal (Hall of Fame) van die Internasionale Krieketraad (IKR) opgeneem is, en die voormalige Suid-Afrikaanse kaptein Hansie Cronjé. “Hansie se kop het dalk gehang, maar hy het dit ook hoog gehou. Hy het sy foute erken en vir ons getoon dat ons almal swakhede het.”

 

Nooit verveeld nie

 

Dae in die warm son, gefokus op bal na bal … Jy moet sekerlik verveeld raak? “Nee, nooit nie!” roep sy uit. “Daar is te veel wat aangaan. Jy moet die heeltyd jou oog op die bal hou, terwyl jy terselfdertyd die spelers moet dophou. Hulle kan baie vernuftig wees.”

 

Haar volgende doelwit is om die nasionale skeidsregterseksamen te voltooi, en sy hoop dat sy eendag haar plek op die IKR se paneel van opkomende skeidsregters sal kan inneem.

 

“Ek sal een van my voortande gee om in ’n Wêreldbekerwedstryd as skeidsregter op te tree.”

 

As ’n mens na haar lys van prestasies kyk, kolf sy nog lustig voort en gaan vir ’n lang ruk nog nie uitgeboul word nie.

Madri van Staden doen wat sy die beste doen in die sport waaroor sy mal is.

Krieketskeidsregter Madri van Staden in aksie.

Madri by haar dogter Marli, wat in haar ma se voetspore volg.

MADRI

slaan alle
verwagtinge vir ’n ses!