Dit is ons

 

 

NWU Kunste het tydens die grendeltyd ’n reeks video’s geproduseer om die kunste te vier en om met die beste van ons eie plaaslike talent te spog. Hierdie derde episode, wat deur PUKfm 93.6 se Charonike Nel aangebied word, stel die sanger Ella Codison aan ons voor.

 

Ella, ’n musiekstudent en musikant by die NWU se Skool vir Musiek, het onlangs die beoordelaars van SA Idols oorrompel en die gesogte goue kaartjie (golden ticket) gewen wat haar reguit na Teaterweek toe geneem het. Sy is ook ’n lid van die NWU-Puk-Koor en die ensemble Under Arrest.

 

Ons vier ons plaaslike talent

Laat die musiekstudent Ella Codison jou met haar pragtige stem betower terwyl sy liedjies soos “Tennessee Whiskey”, “Engel” en “Goodbye Yellow Brick Road” op die Spotlight-verhoog sing.

-BESONDERHEDE

eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.

Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen

Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of Interne bussie 260