Joseph is proof positive that lifestyle changes can last

 

gee studente ’n voorsprong in data-uitdaging

Probleemoplossers Heinrich Roodt en Christiaan Loedolff tydens die EY NextWave-datawetenskapuitdaging in Sandton. Heinrich en Christiaan het mekaar in die gim ontmoet en besef hulle deel ’n liefde vir programmering en data-ontleding. Hulle het besluit om as span vir die uitdaging in te skryf.

PROBLEEMOPLOS-SINGSVAARDIGHEDE

ROL AF

In ’n wêreld met talle uitdagings is probleemoplossing ’n noodsaaklike vaardigheid, en data die sleutel om oplossings mee te ontsluit. Twee studente van die NWU het hul vaardighede om probleme op te los, gebruik om onder die topdrie in hierdie jaar se Ernst & Young (EY) NextWave-datawetenskapuitdaging te eindig.

Hul prestasie het die NWU net agter die spanne van die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad geplaas, wat onderskeidelik eerste en tweede was.

 

Heinrich Roodt, ’n meestersgraadstudent in bedryfswiskunde en informatika (BWI), en Christiaan Loedolff, ’n honneursstudent in BCom forensiese rekeningkunde, was ’n gedugte span tydens die kompetisie wat in April afgeskop het.

 

Hulle het ’n kontantprys van R5 000 ontvang en die organiseerders van die kompetisie só beïndruk dat hulle, soos die wenners, genooi is om in 2020 by die EY-internskapprogram aan te sluit.

 

Die jaarlikse kompetisie, wat op verskillende plekke regoor die wêreld gehou word, is uiters gewild, en die Suid-Afrikaanse been het meer as 200 deelnemers van regoor die wêreld gelok.

 

Die studente het ’n volle dag by die EY-hoofkantoor deurgebring, en dit het hulle die geleentheid gegee om te netwerk en geleenthede vir gegradueerdes te ondersoek.

 

Soek oplossings om verstedeliking te bestuur

 

Heinrich verduidelik dat die uitdaging gefokus het op hoe data die volgende slimstad kan help om te floreer en die mobiliteit van die toekoms ’n hupstoot te gee. “Wêreldwye verstedeliking is aan die toeneem, met meer as 50% van die wêreld se bevolking wat in stede woon. Volgens die Verenigde Nasies sal daardie syfer teen 2030 60% wees – dit is feitlik 1,5 biljoen meer as in 2010,” sê hy.

 

“Hoewel hierdie tendens wonderlike geleenthede vir stede verskaf, skep dit ook uitdagings vir regerings oor hoe om infrastruktuur op te gradeer, opeenhopings te verlig en besoedeling te hanteer.”

 

Hy sê owerhede het nou meer inligting as ooit tevore oor hoe mense in stede rondbeweeg, maar daar is ’n gaping tussen die besit van hierdie data en die gebruik daarvan om die mense se reiservarings te verbeter.

 

“Dit was ons kans om daardie gaping te verklein. As ’n deelnemende span kon ons ’n datastel met ’n geweldige hoeveelheid anonieme geoliggingsrekords van die Amerikaanse stad Atlanta in Georgia in Oktober 2018 aflaai.”

 

Die span het hierdie inligting gebruik om ’n model te ontwikkel om owerhede te help om stedelinge se reise te verstaan terwyl hulle regdeur die dag in stede rondbeweeg.

 

 

 

 

“Die grootste prys was nie die kontant nie, maar die ervaring om met die EY-kundiges te netwerk,” sê Heinrich Roodt.

 

Hy glo die NWU se MSc BWI-program het hom deeglik toegerus om uitstekend in die kompetisie te vaar. “Ek is veral dankbaar teenoor prof Riaan de Jongh, direkteur van die Sentrum vir BWI, vir sy leiding.”

 

Heinrich Roodt

 

Rol oor om meer te lees.

 

 

Christiaan Loedolff, wat oorspronklik uit Namibië kom, sê hoewel BWI nie sy studieveld is nie, het hy die ervaring geniet. “Die waardevolste ding wat ek geleer het, was dat jy met genoeg inligting basies enige probleem kan oplos.”

 

“Dit was ook verstommend om te besef hoeveel geleenthede daar is vir mense wat weet hoe om data doeltreffend te gebruik om probleme op te los.”

 

Christiaan Loedolff

Rol oor om meer te lees.

ROL AF

ROL AF

ROL AF