Mense en Kultuur

Mense en Kultuur
Uitvoerende

direkteur: Dr Mala Singh

 

Hetsy dit is om departemente te help om poste te vul, of om psigososiale beradingsdienste aan personeel te verskaf, Mense en Kultuur is vasbeslote om uitnemendheid te bevorder deur mensehulpbronpraktyke van die hoogste gehalte te bied.

 

Die departement het vroeër hierdie jaar ’n nuwe diensreglement geïmplementeer wat nie net ’n beleid is nie, maar ’n belofte wat die departement se verbintenis tot sy kliënte kommunikeer. Dit definieer baie duidelik die departement se doelwitte, visie, missie en die standaard van die diens wat hy wil lewer.

 

Alles gaan oor diens

 

Leah Lakay is tans die waarnemende direkteur van Kliëntediens, wat ’n eenstopgerief is vir alle sake wat met die mensehulpbronne-waardeketting te doen het.

 

Hierdie sake sluit aanstellings, proeftydperkbestuur, afleggingsprosesse, prestasiebestuur en voordele in. Hulle help ook om te verseker dat werksevalueringresultate en bevorderings geïmplementeer word.

 

Funksies word regoor al drie kampusse gedesentraliseer, waar praktisyns aangestel is om die ondersteuningsdepartemente en fakulteite te ondersteun.

 

Gesondheid is goud werd

 

Pulahela Mahoko staan as waarnemende direkteur aan die hoof van die afdeling Werknemerverhoudinge en Welstand.

 

Die afdeling het ’n werknemerbystandsprogram wat aan werknemers en hul onmiddellike gesinslede psigososiale beradingsdienste verskaf. Hierdie dienste fokus op die identifisering, voorkoming en hantering van persoonlike kwellinge soos trauma, die dood en finansiële probleme wat die produktiwiteit van ’n werknemer kan beïnvloed.

 

Werknemerverhoudinge en Welstand organiseer ook departementele, persoonlike, of groepsessies om konflik op te los. Sake wat hierdie afdeling hanteer, sluit griewe, interne dissiplinêre sake van personeel, KVBA- en Arbeidshofsake in. Die jaarlikse onderhandelinge oor lewenskoste-salarisaanpassings word ook deur hulle hanteer.

 

Die NWU is propvol talent

 

Met Prue Mohoto aan die hoof, fokus Talentbestuur en Organisasie-ontwikkeling op bevorderings, prestasiebestuur, indiensnemingsgelykheid, ongeskiktheid en werk-evaluerings.

 

Hierdie afdeling is ook vir leer en ontwikkeling verantwoordelik, wat interne en eksterne personeelopleiding en die oriëntasieprogram vir nuwe werknemers insluit.

 

Aansporing tot prestasie

 

Alle vergoedingsverwante dienste en werknemervoordele word deur die direkteur Navin Lalsab en sy span by Administrasie en Vergoeding hanteer.

 

Dit sluit die administrasie van alle aanstellings, beëindiging van dienste, biografiese inligting oor werknemers, en die implementering van bevorderings in. Hieronder val ook Mensehulpbronne-Inligtingstelsels, wat bygewerkte inligtingsverslae en Oracle-verwante opleiding aan personeel verskaf.

 

Soos julle kan sien, is Mense en Kultuur veelsydig, georganiseerd en professioneel, en veral gereed om te dien.

Talentbestuur en Organisasie-ontwikkeling
Direkteur: Prue Mohoto

Werknemerverhoudinge en Welstand
Direkteur: Pulahela Mahoko

(waarnemend)

 

Kliëntediens

Direkteur: Leah Lakay

(waarnemend)

 

Administrasie en Vergoeding

Direkteur: Navin Lalsab

LEER EN 
ONTWIKKELING

MENSEHULPBRONNE-INLIGTINGSTELSELS

MENSE EN

KULTUUR

IS GEREED

OM TE

DIEN

ROL AF

ROL AF

ROL AF

ROL AF

ROL AF