>

>

LEES MEER

Daar word gesê dat mense sonder ’n kennis van geskiedenis, herkoms, plekke en kultuur, soos bome sonder wortels sou wees.

 

Hoewel ons almal daarmee saamstem, is hierdie stelling veral waar vir prof Elize van Eeden en dr Pieter Warnich van die NWU. Hierdie twee vooraanstaande senior lektors en navorsers in geskiedenis en die sosiale wetenskappe het onlangs ’n nuwe akademiese handboek bekendgestel by die eerste internasionale konferensie oor geskiedenis en onderwys in Suider-Afrika.

 

Die handboek Teaching and Learning History and Geography in the South African Classroom, word wyd erken as die eerste van sy soort omdat dit die onderrig en leer van geskiedenis en aardrykskunde hanteer as dissiplines wat met mekaar verband hou.

 

Elize en Pieter is die redakteurs, en verskeie navorsingskundiges in geskiedenis en aardrykskunde het hul spesiale kennis bygedra.

 

Die opvoedkundige doel van hierdie handboek is om navorsingsbevindings en tendense van die afgelope 20 tot 25 jaar doeltreffend te herroep en te benut. “Die hooffokus was om al hierdie inhoude onder een sosiale wetenskappe-sambreel in onderrig-en-leer-riglyne saam te vat en aanbevelings te maak vir onderwysstudente wat óf geskiedenis óf aardrykskunde, of albei die vakke, onderrig,” verduidelik Elize.

 

’n Sekondêre fokus was om studente te bemagtig om die Departement van Onderwys se sosiale wetenskappe-kurrikulum te onderrig.

 

Daar word verwag dat die handboek deur tweede- tot vierdejaar- en honneursstudente in BEd-kursusse gebruik sal word, asook deur studente in die NGOS-, ACT-, ADT- en ADE-programme en praktiserende onderwysers in sosiale wetenskappe.

kyk opnuut na onderrig en leer van geskiedenis en aardrykskunde

   Handboek