>

>

LEES MEER

Ferdinand

Postma

Biblioteek kry

’n nuwe baadjie

Die Ferdinand Postma Biblioteek op die kampus in Potchefstroom is tans in die eerste fase van ’n uitgebreide opknappingsprojek wat daarop gemik is om huidige ruimtes op te gradeer om beter in die behoeftes van alle gebruikers te voorsien.

Hierdie projek volg op vroeëre verbeterings aan die grond- en derdevloer. Dit sluit die skep van ’n honneurs- en navorsingsmeent in 2014 en ’n inligtingsmeent vir voorgraadse studente in 2015 in.

 

Die huidige projek sluit die eerste en tweede vloer in, met die tweede vloer wat eerste opgeknap word. “Dit is die eerste keer in die biblioteek se bestaan van 65 jaar dat hierdie vloere opgegradeer word, en ons is baie opgewonde oor die nuwe geriewe wat die opgeknapte ruimtes sal verskaf,” sê Louise Vos, bestuurder vir uitreik, projekte en kwaliteit.

 

Optimale studiegeriewe

Die oue is uit en die nuwe is in tydens die tweefaseprojek. Fase 1 op die tweede vloer het op 1 September begin en sal op 24 November eindig. Die tweede fase, wat werk aan die eerste vloer van die biblioteek behels, sal kort daarna begin en op 2 April 2018 voltooi wees.

 

Personeel en studente kan uiteindelik uitsien na ’n bykomende seminaarkamer, ’n stil studie-area met sitplek vir 172 gebruikers, en meer werkstasies vir skootrekenaars. ’n Opgegradeerde lugreëlingstelsel sal verseker dat studente nie in die somer smelt en in die winter vries nie. Nuwe matte en Leno-houtvloere sal tot die warm, verwelkomende atmosfeer van die biblioteek bydra.

 

Die opknapping sal die beskikbaarheid van die geriewe op die twee vloere beïnvloed. Die sluiting van geriewe sal egter

stapsgewys plaasvind sodat ongerief vir personeel en studente beperk word.

 

Reusetaak lê voor

Die tweede fase sal die hele eerste vloer raak en daar sal geen toegang tot hierdie vloer en die hoofboekversameling wees nie.

 

Biblioteekpersoneel het ongeveer 24 000 boeke gekies wat dikwels aangevra word en alle vakgebiede verteenwoordig en dit sal tydelik van die eerste vloer af verskuif word wanneer werk daar begin. Hierdie boeke sal dan na die pas-voltooide tweede vloer skuif.

 

“Dit is uitdagend, maar ons is daartoe verbind om in die loop van hierdie noodsaaklike bouprojek aan personeel en studente die beste diens te verskaf. Ons is seker dat hierdie tydelike opofferings die moeite werd sal wees wanneer die projek voltooi is, en dat almal trots sal wees op die nuwe ruimtes en geriewe,” sluit Louise af.

 

Vir meer inligting oor die projek, besoek

http://library.nwu.ac.za/af/renovations-first-and-second-floor

Personeel vind oplossings vir uitdagings

 

Die biblioteekpersoneel het onvermoeid gewerk om oplossings te kry om seker te maak dat enige opgradering-verwante ontwrigting so min as moontlik is en dat alternatiewe beskikbaar is om te verseker dat dosente en studente toegang tot noodsaaklike bronne en dienste het.

 

KLIK OP ELKE PANEEL HIER ONDER OM MEER TE LEES.

  • Boeke wat dikwels in aanvraag is verskuif

    Met die regsboekversameling wat nie tydens die eerste fase beskikbaar sal wees nie, het biblioteekpersoneel ongeveer 4 000 boeke en naslaanwerke geïdentifiseer wat dikwels in aanvraag is en tydelik verskuif sal word. Met die NWU se Fakulteit Regte se hulp is ’n bykomende 1 500 titels geïdentifiseer om na die eerste vloer verskuif te word. Dit sal dan beskikbaar wees terwyl daar op die tweede vloer gewerk word.

  • Beskikbaarheid van e-boeke

    Meer as 234 000 e-boeke oor verskillende onderwerpe en vakgebiede is ook beskikbaar as kopieë van of alternatiewe vir die gedrukte boeke, en Louise sê hulle moedig personeel en studente aan om hierdie hulpbronne te gebruik.

  • Boeke op ander kampusse

    Hulle sal ook seker maak dat boeke van die NWU se biblioteke in Mahikeng en Vanderbijlpark deur middel van die interkampusdiens vir biblioteekgebruikers in Potchefstroom beskikbaar is. Soos gewoonlik kan meestersgraad- en PhD-studente bekendstellingsbriewe van die biblioteek aanvra sodat hulle toegang tot ander universiteitsbiblioteke in Suid-Afrika kan kry. Nagraadse studente sal geregtig wees op interbiblioteeklenings vir hulpbronne wat nie in die biblioteek beskikbaar is nie.

  • Tussentydse geriewe

    Biblioteekpersoneel het ook seker gemaak dat tussentydse geriewe, byvoorbeeld groepwerkstasies waar studente hul groepgesprekke kan hou, en ander stil studieruimtes soos Besembos en die Natuurwetenskappe-takbiblioteek beskikbaar is.

  • Lawaaierige werk

    Aangesien studente die biblioteek baie gebruik terwyl hulle vir die eksamen voorberei, is kontrakteurs versoek om die “lawaaierige werk” onmiddellik te doen, en nie tydens die eindeksamen nie.

KLIK OP DIE ILLUSTRASIES