Protes in Suid-Afrika het sinoniem geword met die woord “fall”. Die 24ste jaarlikse Suid-Afrikaanse Sosiologiese Vereniging (SASA) se kongres het vanuit ’n ander hoek daarna gekyk en die tema #WhatMustRise gebruik.

ondersoek die opkoms en ondergang van protes

SASA- Kongres

Die kongres is in Julie 2017 op ons kampus in Mahikeng gehou en het ’n uitstekende opkoms van plaaslike en internasionale afgevaardigdes gehad.

 

Landelike gemeenskapsaktiviste oor die hoof gesien

 

In sy verduideliking van die tema #WhatMustRise het dr Sonwabile Mnwana, die voorsitter van SASA, gepraat oor die vergete rol van die landelike gemeenskapsaktiviste wat altyd uit die nasionale diskoers oor aktivisme gelaat word. Dit is veral waar van Suid-Afrika, wat al “stellig die proteshoofstad van die wêreld” genoem is.

 

Prof Dan Kgwadi, visekanselier, het die openingsrede by die kongres gelewer. Saam met hom was prof Lumkile Lalendle, die uitvoerende direkteur verantwoordelik vir studentelewe, en prof Marilyn Setlalentoa, die uitvoerende dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe.

 

 

Dekolonialisme in die kollig

 

Die welbekende akademikus en kunstenaar, prof Pitika Ntuli, het as die eerste van twee hoofsprekers by die kongres opgetree. Die titel van sy toespraak was “#ThingsMustFall – the Decoloniality Option”.

 

“Hoewel #FeesMustFall binne ’n kontinuum van die anti-apartheidstruggle gesien kan word, het hierdie protesbeweging uitdagende nuwe dimensies na die repertoires van argumentvoering gebring,” sê Pitika.

 

“Dit strek van eksperimentering met deelnemende demokrasie tot die belangrike eise vir interseksionaliteit, waar die vraag gevra kan word of ons werklik die aard van protesbewegings in Suid-Afrika krities geëvalueer het.”

 

’n Bekroonde akademikus, Zulumathabo Zulu, was die tweede hoofspreker by die konferensie se galadinee. Sy toespraak se titel was: “Decolonisation: Taxonomy, Epistemology and Technology Underpinnings”.

 

 

Prof Pitika Ntuli was een van die gassprekers by die SASA-konferensie.

>

>

LEES MEER