NWU-KENNER

>

>

vir lewensnoodsaaklike hulp gevra

<

Prof Ronel Pretorius van die Skool vir Verpleegkunde op die Potchefstroomkampus het onlangs vir Caylum Willemse na Boston vergesel waar hy chirurgie ondergaan het..

NWU-personeellede sal uit hul pad gaan om mense in nood te help. Prof Ronel Pretorius, 'n kritiekesorg-verpleegspesialis van die Skool vir Verpleegkunde op die Potchefstroomkampus, het onlangs vir Caylum Willemse, 'n eenjarige seuntjie wat met esofageale atresie (EA) en trageo-esofageale fistel (TOF) gebore is, Amerika toe vergesel vir ʼn lewensreddende operasie.

  • Wat is EA?

    Esofageale atresie is 'n geboortedefek wat veroorsaak dat die slukderm of esofagus (die buis tussen die keel en die maag) in 'n sakkie doodloop in plaas daarvan om normaalweg na die maag te lei.

  • Wat is TEF?

    'n Trageo-esofageale fistel is 'n abnormale verbinding wat op een of meer plekke tussen die esofagus (slukderm) en tragea (die buis tussen die keel en die lugpyp en longe) kan voorkom. Die esofagus en tragea is gewoonlik nie verbind nie.

     

    Wanneer 'n baba wat aan hierdie toestand ly, sluk, kan vloeistof na die longe vloei en tot longontsteking en ander probleme lei.

KLIK VIR MEER INLIGTING

KLIK VIR MEER INLIGTING

Caylum het ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword. Met die hulp van die radiostasie 94.7 se Breakfast Xpress-program, is daar genoeg fondse ingesamel dat Caylum se ouers vir sy operasie in Boston kon betaal.

 

Die Willemse-familie het Ronel in November 2016 gevra om saam met Caylum en ’n dokter van Awesome Air Evac na die Boston Kinderhospitaal te vlieg.

 

Reik ʼn helpende hand

Omdat sy self ’n seun het wat aan TOF/EA ly en omdat sy reeds deel van die nabye ondersteuningsgroep van TOF-gesinne in Suid-Afrika was, was Ronel se natuurlike reaksie positief – nie net om met Caylum se mediese versorging tydens die vlug te help nie, maar ook om Wayne en Samantha, die ouers van hierdie klein seuntjie, te ondersteun. Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het dadelik die geleentheid aangegryp om Ronel se reiskoste te dek.

 

Caylum, sy ouers en die mediese span het onlangs aan boord van ’n Suid-Afrikaanse Lugdiens-vlug Boston toe vertrek. “Caylum het ’n agt uur lange operasie ondergaan en sedertdien saam met sy ouers as ’n gelukkige en gesonde peuter na Suid-Afrika teruggekeer,” sê Ronel.

 

Wat ʼn ondervinding

“Dit was vir my so 'n ongelooflike ervaring en het ek besef die jare en jare se harde werk, ervarings en kundigheid kan ’n groot verskil in ander se lewens maak – ’n ware seën.”

 

Die Willemse-familie het die Caylum Willemse Stigting van die surplus fondse op die been gebring en ondersteun tans terapie vir drie ander kinders. Hulle is Miane Aimslie, 'n eenjarige dogtertjie met serebrale gestremdheid nadat sy amper verdrink het, Shelton Tofile, 'n mede-TOF-baba en 10 maande oue Phenyo Moropa wat aan tibiale hemimelia ly, wat as ʼn verkorte been met misvormdheid van die knie en enkel manifesteer.

 

BEWEEG AF