Spog met 'n kleurvolle tapisserie

REDAKSIONEEL

>

BEWEEG AF

Beste kollega,

 

In die jongste artikel in die Eish!- reeks, “'n Tapisserie van verskillende gebruike”, vertel Noory Yusuf van die Vaaldriehoekkampus vir ons meer van Halaal kos. Hierdie artikel het my aan die kleurryke tapisserie van die lewe by die NWU laat dink.

 

Die NWU-gemeenskap spog met 'n wye verskeidenheid gebruike, kulture, tale, belangstellings en talente, en die inhoud van hierdie Eish! weerspieël hierdie verrykende veelsydigheid. Ons belangstellings en talente wissel van regskundigheid (lees die artikel oor die Fakulteit Regte se skynhof) tot knap kommunikasievaardighede (lees die artikel oor Clement Manoko).

 

Mense wys ook hul sorgsaamheid op verskillende maniere. Sommiges reik deur middel van sang na mense toe uit (sien die artikel in die reeks, "Ons mense") terwyl ander baie meer doen as wat daar van hulle verwag word (sien die "Tweede myl"-artikel).

 

Ons passies verskil ook – sommige mense hou daarvan om prosa te lees of te skryf ("Byderhand-rusplekstories in De Jonge Akker") terwyl ander deur die wêreld van moderne inligtingstegnologie gefassineer word (“Hulpmiddels om navorsing in die 21ste eeu moontlik te maak”).

 

Ek stem heelhartig saam met die woorde van die Amerikaanse regter, Sandra Day O’Connor: Ons kan niks in hierdie wêreld alleen bereik nie… wat ook al gebeur is die gevolg van die hele tapisserie van jou lewe en al die weefwerk van individuele draadjies wat van een na die ander iets skep.

 

Lekker lees.

>