>

Hierdie personeel doen meer
as net hul deel

Die NWU het toegewyde personeel wat heelwat meer doen as wat van hulle verwag word. In hierdie artikel van Eish! se tweedemyl-reeks gee ons erkenning aan kollegas wat ʼn verskil maak in ander mense se lewens.

Indien jy 'n kollega wil nomineer wat nooit skroom om ekstra moeite te doen nie, stuur asb 'n e-pos aan willie.duplessis@nwu.ac.za. Onthou om jou postitel en die naam van jou departement of skool, sowel as dié van die genomineerde, by die e-pos in te sluit. Gee ook redes waarom jy dink die persoon die tweede myl loop.

>