Pensketse sorg vir kuns

In ons voortgaande reeks artikels vir Eish! fokus ons op mense by die NWU wat nie net hard werk nie, maar wat ook hope talent het. In hierdie uitgawe besoek ons ʼn personeellid wie se kuns onlangs in die NWU se galery in die Botaniese Tuin in Potchefstroom ten toon gestel is.

 

Daar word dikwels gesê dat ink in storievertellers se are vloei, maar in die geval van Francois Pretorius, bestuurder van die NWU se Kreatiwiteitsentrum op die Potchefstroomkampus, vloei ink uit die penne wat hy gebruik om fassinerende kuns te skep wat nie net stories vertel nie, maar ook visueel aangrypend is.

 

Francois se solo-uitstalling, getiteld Sigspraak, was vanaf 14 April tot 6 Mei te sien. Dit bestaan uit ʼn reeks sketse wat hy met viltpenne en Indiese ink geskep het.

 

 

Klik om meer te lees

>

wat jou laat nadink

>