>

Hulle stap die tweede myl

Die NWU is trots op sy toegewyde personeel wat heelwat meer doen as wat van hulle verwag word. In hierdie uitgawe gee die tweedemylreeks erkenning aan kollegas en moedig hulle aan om voort te gaan om ʼn verskil in ander mense se lewens te maak.

Beweeg af

Peet Roos, waarnemende bestuurder van die NWU se Loopbaansentrum, benoem die personeel van dié sentrum vir hul harde werk en toewyding. Die span het deurgaans bewys dat hul werk van hoogstaande gehalte is en het reeds verskeie toekennings daarvoor ontvang.

 

Die Loopbaansentrum was eerste in die kategorie “Most Active Survey Engagement” en tweede in die kategorie “Best Rated Career Service” van die Universum Global-toekennings.

 

Universum Global is ʼn wêreldbekende outoriteit op die gebied van werkgewerhandelsmerkvestiging. Dit gee jaarliks erkenning aan die beste werkgewers in Suid-Afrika. Die toekennings word gebaseer op studente en beroepslui se reaksie op die vorige jaar se Universum Talent-opname.

 

Vorige toekennings sluit in ʼn tweede plek in die “Best Career Services”-kategorie en ʼn derde plek in die “Best Career Fair”-kategorie van die SAGEA Employer Benchmark-opname vir 2015.

 

Klik op elke foto om die span te ontmoet.

 

 

As jy graag ʼn kollega wat die tweede myl in die uitvoering van sy/haar daaglikse pligte stap, wil nomineer, stuur gerus ʼn e-pos aan willie.duplessis@nwu.ac.za. Onthou asseblief om jou en die persoon wie jy nomineer se postitel en relevante departement of skool ook in die e-pos aan te dui. Gee ook redes waarom jy dink die persoon die tweede myl loop.

>