Lees die Engelse weergawe November 2023

Die NWU lewer uitnemendheid in navorsing

Welkom by dié spesiale uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Ons kyk weer na van die prominente navorsingsnuus wat gedurende die jaar in die nuusbrief verskyn het.

immagine1

Die universiteit se produktiefste, kreatiefste en mees innoverende navorsers en uitvinders het groot lof ontvang. Die jaarlikse uitnemendheidstoekennings aan uitmuntende personeel van die NWU is op 23 November in Potchefstroom oorhandig.

Hierdie presteerders het erkenning ontvang vir hulle buitengewone bydraes tot onderrig en leer, gemeenskapsbetrokkenheid, en navorsing en innovasie.


 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

'Spiraalarms' rondom massiewe sterre gevind

Navorsers het 'n belangrike stukkie van die legkaart in die vorming van massiewe sterre – ook bekend as protons (sterre met 'n massa wat ongeveer agt keer so groot of groter as die son is) – gevind.

Bewyse is vir die heel eerste keer waargeneem en daar is vasgestel dat aangroeiskywe rondom vormende protosterre spiraalarmstrukture het. Hierdie betekenisvolle ontdekking verander die wyse waarop wetenskaplikes na groot sterre kyk.

 LEES MEER

Oorbrug die digitale gaping – een skool op 'n keer

Die voordele van wydverspreide en billike toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologieë (IKT's) in Suid-Afrika word beskou as dat dit die potensiaal het om die koers en die trajek van hierdie land ten goede te verander.

Navorsers by die NWU deel hierdie siening en is daarvan oortuig dat skole as 'n basis kan dien vanwaar die groterwordende digitale gaping – veral tussen skole met goeie hulpbronne en verarmde skole – aangepak kan word.

 LEES MEER

Steenkoolnavorsing kry 'n hupstoot

Die soektog na meer volhoubare en groener steenkoolenergie het 'n hupstoot gekry deur die Nasionale Navorsingstigting se hernuwing van die Leerstoel vir Steenkoolnavorsing by die NWU.

Die leerstoel het as deel van die NNS se Suid-Afrikaanse Navorsingsleer-stoel-inisiatief befondsing van R4,15 miljoen per jaar vir die volgende vyf jaar ontvang. Dit kom neer op meer as R20 miljoen oor die hele tydperk.

 LEES MEER

bible

UNESCO-leerstoel sit sy reis voort

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie het sy vertroue in die NWU getoon deur die leerstoel oor Multimodale Leer en Oop Opvoedkundige Hulpbronne vir 'n tweede termyn van vier jaar in te stel.

 LEES MEER

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die NWU doen opwindende werk op die navorsingsfront. Gedurende die jaar het die ons die werk van verskeie navorsers bekend gestel. Kyk gerus weer na hierdie opwindende navorsingsprojekte.

 SIEN MEER

facebook
youtube
facebook
twitter
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die
nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.