Desember 2023

facebook
youtube
facebook
twitter
email
More research news
Terug
Volgende
socialmedia

Die universiteit se produktiefste, kreatiefste en mees innoverende navorsers en uitvinders het groot lof ontvang. Die jaarlikse uitnemendheidstoekennings aan uitmuntende personeel van die NWU is op 23 November in Potchefstroom oorhandig.

Hierdie presteerders het erkenning ontvang vir hulle buitengewone bydraes tot onderrig en leer, gemeenskapsbetrokkenheid, en navorsing en innovasie.

Uitnemendheid in aksie

Navorsers en innoveerders het in verskillende kategorieë toekennings ontvang tydens die navorsingsegment van die toekennings, waar die NWU se navorsingsleerstoele en navorsers met graderings van die Nasionale Navorsingstigting ook vereer is.

Prof Ruan Kruger van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is die NWU se produktiefste senior navorser, met prof Peet van der Merwe (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) en prof Neels Kilian (Fakulteit Regte) onderskeidelik tweede en derde.

Die produktiefste opkomende navorser is prof Marko van Deventer van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, met prof Yolandi Breet van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe in die tweede plek.

Prof Francois van der Westhuizen en prof Adeyemi Oladapo Aremu, albei van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het albei die National and International Recognition and Membership Award ontvang.

Die topuitvinders was prof Dmitri Bessarabov en prof Faan du Preez, albei van die Fakulteit Ingenieurswese, en prof Petro Erasmus van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe het die Innovation Impact Award ontvang.

Hierdie jaar se Creative Output Award het aan Lesego Motlhankane van die Fakulteit Opvoedkunde gegaan.

Klik hier vir 'n volledige lys van al die wenners.

1 / 5
2 / 5
3 / 5
4 / 5
5 / 5

slider

Prof Ruan Kruger van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe is die NWU se produktiefste senior navorser.
Die produktiefste opkomende navorser is prof Marko van Deventer.
Dr Christi Niesing en haar span van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, insluitend prof Petra Bester, het die Scholarship of Engagement Award vir die gemeenskapsimpak van hulle navorsing ontvang.
Prof Sithandiwe Mazibuko-Mbeje van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is met die Sharing of Expertise Award vir gevestigde akademiese personeel vereer.
Kyk na die hoogtepunte van die Uitnemendheidstoekennings.