Lees die Engelse weergawe Junie 2023

NWU neem navorsing na nuwe hoogtes

Welkom by die vierde uitgawe van die Noordwes-Universiteit se nuusbrief, Navorsing@NWU. Dié nuusbrief is 'n vertoonvenster vir navorsingsprojekte, navorsers en verwante gebeure. Hierdie nuusbrief is een van sewe, en word gedurende die jaar aan akademiese personeel en navorsers gestuur.

immagine1

NNS gee befondsing vir steenkoolnavorsing 'n hupstoot

Die soektog na meer volhoubare en groener steenkoolenergie het 'n hupstoot gekry deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se hernuwing van die Leerstoel vir Steenkoolnavorsing by die NWU.

Die leerstoel het as deel van die NNS se Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI) befondsing van R4,15 miljoen per jaar vir die volgende vyf jaar ontvang.

 LEES MEER

bible

Roei die probleem van bosindringing uit

Bosindringing is 'n wêreldwye uitdaging, maar deur die multimiljoenrand-RIBS-projek word hierdie groot bydraer tot grond-degradering met hernude ywer aangepak. RIBS is 'n akroniem wat vir "Rangeland Improvement through Bush Control and Sustainable Intensification to mitigate Climate Change and improve Livelihoods and Food Security in Southern Africa" staan.

 LEES MEER

Toekenning bevorder navorsing in die Geesteswetenskappe

Twee NWU-navorsers het 'n spesiale toekenning ontvang wat hulle samewerkende navorsing nasionaal en internasionaal 'n hupstoot sal gee. Dr Yolandi Coetser en dr Laura Phillips het elkeen feitlik 'n miljoen rand se befondsing by die Katalitiese Navorsingsprogram van die Nasionale Instituut vir Geestes- en Sosiale Wetenskappe vir hul projekte ontvang.

 LEES MEER

immagine3 immagine4 immagine5

Navorser verseker 'n plek vir parasiete op die rooilys

Parasiete. Net die noem daarvan kan vir 'n mens rillings langs jou ruggraat af gee, en beelde optower van organismes wat vinnig voortplant en ander spesies opvreet en vernietig.

 LEES MEER

Prof se wye fokus lei tot internasionale samewerkings

Prof Elias Munapo is 'n Nasionale Navorsingstigting- (NNS-) gegradeerde navorser – nie 'n maklike prestasie vir akademici met groot onderrig- en studieleiersverpligtinge nie.

 LEES MEER

Fokus op innovasie: van ideevorming tot kommersialisasie

Die Tegnologie-oordrag- en Innovasie-ondersteunings-kantoor neem die leiding om te verseker dat innovasie op die voorpunt van sy aktiwiteite en regoor alle sfere van die instelling bly.

 LEES MEER

immagine1

Ontmoet ons navorsers

Die fakulteite by die NWU doen opwindende werk op die navorsingsfront. In hierdie uitgawe stel ons die werk van drie navorsers bekend: Prof Elma Marais, 'n medeprofessor en vakgroepleier in Afrikaans vir Onderwys, prof Abiodun Salawu, direkteur van die navorsingsisarea Inheemse Taalmedia in Afrika, en prof Lebo Gafane-Matemane, 'n medeprofessor in fisiologie in die Hipertensie in Afrika-navorsingspan.

 LEES MEER

facebook
twitter
youtube
More research news

Deel asseblief jou kommentaar en insette deur 'n e-pos aan die nuusbriefredakteur, willie.duplessis@nwu.ac.za te stuur.