Maart 2023

facebook
twitter
youtube
email
More research news
Terug
Volgende

Oorbrug die digitale gaping – een skool op 'n keer

Die voordele van wydverspreide en billike toegang tot inligtings- en kommunikasietegnologieë (IKT's) in Suid-Afrika word beskou as dat dit die potensiaal het om die koers en die trajek van hierdie land ten goede te verander.

Navorsers by die NWU deel hierdie siening en is daarvan oortuig dat skole as 'n basis kan dien vanwaar die groterwordende digitale gaping – veral tussen skole met goeie hulpbronne en verarmde skole – aangepak kan word.

Die Stats SA-verslag "Covid-19 and barriers to participation in education in South Africa, 2020", wat in 2023 vrygestel is, verskaf byvoorbeeld betekenisvolle statistiese bewyse van hoofsaaklik swart mense in Afrika wat tydens die Covid-19-pandemie van afkampusleer uitgesluit was.

Die vernaamste struikelblok

Die gebrek aan digitale toestelle by leerders word genoem as die vernaamste struikelblok tot gelyke leergeleenthede.

Om die ongelykheidsgaping te oorbrug, het die NWU 'n intervensieprojek genaamd "A service-learning project for schools' pedagogical integration of ICTs" geïnisieer.

Die doel van die projek is om die gebruik van IKT's vir onderrig en leer bekend te stel en die ongelykheidsgaping wat by skole bestaan, te verklein deur die projek te implementeer by skole wat in armer gemeenskappe geleë is, min hulpbronne het en nie voldoende onderrig- en leerhulpbronne het nie.

Onderwysers in sulke skole en die NWU se voordiensonderwysers gaan saam werk aan die implementering van innoverende onderrig- en leerstrategieë en metodes wat die gebruik van IKT's by verskeie kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring-vakke integreer.

Dr Shepherd Mlambo van die Skool vir Wiskunde, Wetenskap- en Tegnologieonderwys in die Fakulteit Opvoedkunde sê die skool se navorsers het as 'n begin twee skole in die Mahikeng-distrik geïdentifiseer wat as loodssentrums vir die projek sal dien, met navorsingsuitkomste wat in die komende jare verwag word.

Hy sê dit kan as wegspringplek dien om tegnologie na alle Suid-Afrikaanse skole uit te brei.

"Daar is voorts 'n hoë persentasie onderwysers wat min of geen IKT-vaardighede het nie, of geen pedagogiese vaardighede het om doeltreffend met IKT's onderrig te gee nie," verduidelik dr Mlambo.

Die doelwitte

Hy sê sy departement hoop om die ongelykheidsgaping in skole te verklein deur IKT's deur middel van 'n diensleerprojek in arm gemeenskappe in te voer waar indiensonderwysers en die NWU se voordiensonderwysers saam werk om innoverende onderrig- en leerstrategieë en -metodes te implementeer wat die gebruik van IKT's integreer.

immagine1

Dr Shepherd Mlambo

Hoe die NWU hoop om die
hardeware-gaping te oorbrug

Die NWU verkoop gewoonlik goeie rekenaars wat uit die bateregister afgeskryf is. "Ek versoek die universiteit om as deel van sy maatskaplike verantwoordelikheid 'n persentasie van daardie rekenaars – sê 30% – opsy te sit om sulke projekte in gemeenskappe te ondersteun. 'n Fokus van maatskaplike verantwoordelikheid soos hierdie sal op sy beurt vir ons as universiteit tot voordeel wees, aangesien die meeste van ons studente uit daardie skole kom," sê dr Mlambo.

Verskillende entiteite sal ook genader word om hul mensehulp-bronne, asook rekenaars en tablette wat herstel kan word, te skenk. Dr Mlambo sê onderhandelinge vir gratis data of data teen 'n verminderde tarief sal ook beding word.

"Die projek het tot dusver 25 HP Compaq Pro 6300-rekenaars as saai-insette ontvang van die universiteit, wat dit in September 2022 geskenk het. Die ideale situasie is om ten minste 40 rekenaars te hê vir elke skool wat aan die projek deelneem," sê hy.

Verwagte uitkomste van die projek sluit in:

  • Studente wat onderrigstrategieë en -metodes op die plek toepas en so praktiese kennis opdoen.
  • Onderwysers wat innoverende lesse, wat IKT's integreer, kan ontwerp, voorberei en aanbied.
  • Demonstrasie van die vermoë om IKT's in die klaskamer te integreer.
  • Voorstelle wat gemaak sal word vir die beste onderrig- en leerpraktyke wat IKT's integreer.
  • Nadenke oor daaglikse onderrigervarings.
  • 0ntleding, kritieklewering en voorstelling van verbetering in toegepaste pedagogieë.
  • Toepassing van strategieë in vervlegte leer.

Hoewel die projek vir die oorbrugging van die digitale gaping in 2019 tot stand gekom het, is dit as gevolg van die Covid-19-pandemie vertraag, maar dr Mlambo en sy span is hoopvol dat dit nou momentum sal verkry.

Kontak Dr Mlambo by shepherd.mlambo@nwu.ac.za vir meer inligting.

socialmedia