Maart 2023

facebook
twitter
youtube
email
More research news
Terug
Volgende

Aanspreeklikheid en opleiding is die sleutels tot beter finansiële bestuur in munisipaliteite


Dr Auchalie Mothupi

Plaaslike munisipaliteite in Noordwes het nie skoon oudits ontvang nie omdat hulle die finansiële hulpbronne wanbestuur het. Dit is volgens 'n navorsingstudie wat deur dr Auchalie Mothupi in sy PhD-studies aan die NWU uitgevoer is.

Die titel van dr Mothupi se tesis was "Developing an accountability framework to enhance management of local municipal finance in the North West Province".

Hy sê die doel van sy navorsing was om die vernaamste faktore vir die bereiking van finansiële aanspreeklikheid te evalueer en om 'n raamwerk vir finansiële aanspreeklikheid op plaaslikeregeringsvlak in die provinsie voor te stel.

"Die studie het getoon dat die vernaamste faktore wat goeie finansiële bestuur in munisipaliteite verseker die fasilitering van beleide en regulasies, die fasilitering van toesigfunksies van die munisipale komitees oor openbare rekeninge (MPAC's), risikobestuur, normbepaling, interne beheer en behoorlike finansiële bestuur is," sê hy.

Finansiële opleiding vir munisipale werknemers, saam met goeie bestuur sodat rolspelers wat hulle nie die finansiële reëls en wetgewing nakom nie die gevolge moet dra, kan help om die finansies van munisipaliteite om te keer.

"Die studie beveel aan dat alle munisipale werknemers in finansiële rolle behoorlike opleiding moet ontvang om te verseker dat hulle bevoeg is," sê dr Mothupi.

"Die MPAC's moet hulle toesigpligte doeltreffend uitvoer en waar nodig aanbevelings maak. In uiterste gevalle moet daar regsoptrede wees teen werknemers wat nie hulle pligte behoorlik nakom nadat hulle opleiding ontvang het nie. Dit behoort deel te wees van 'n groter strategie in Noordwes om finansiële aanspreeklikheid van plaaslike munisipaliteite te verbeter."

Oor die navorser

Dr Auchalie Johannes Mothupi het in 2000 'n BCom rekeningkunde-graad by die voormalige Universiteit van Noordwes verwerf. Hy het daarna in 2015 sy nagraadse diploma in openbare regering en leierskap aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf, en in 2018 sy MBA aan die NWU.

Hy het van 2009 tot 2014 as lid van die provinsiale wetgewer by die Noordwes Provinsiale Wetgewer gewerk, en werk sedert 2016 as direkteur vir strategiese beplanning en transformasie in die Kantoor van die Premier. Hy neem tans as munisipale bestuurder van Ratlou Munisipaliteit waar.