Dit is ons
As die storms van die lewe rondom ’n mens woed, is dit waarskynlik veiliger om binnenshuis te bly tot dit verby is, eerder as om die stormsterk winde te trotseer. Dit is egter nie wat die NWU gedoen het toe ons die Covid-19-pandemie in die gesig gestaar het nie.
Te oordeel aan die Universiteitsbestuurskomitee (UBK) se aanbieding aan die Raad tydens ’n werkswinkel op 17 Maart 2021, het die NWU die uitdagings trompop geloop.
Die UBK beskryf in die aanbieding hoe die strategieë wat geïmplementeer is ons aktiwiteite beïnvloed het, en hoe ons intervensies ons in staat gestel het om voordeel te trek uit die nuwe geleenthede in die hoëronderwyssektor.
In plaas daarvan dat ons toegelaat het dat ons deur die Covid-19-storm oorweldig is, het ons deurgedruk en die nuwe geleenthede wat dit gebring het ten beste benut. Klik op die beeld hierbo om toegang te kry tot die aanbieding wat ons aanpasbaarheid en proaktiewe gesindheid demonstreer.
Ons trotseer die storm
-BESONDERHEDE
eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.
Redaksie: Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement
Ontwerp en uitleg: Karen Viljoen
Fotografie: NWU-kollegas en diensverskaffers
Vir verdere navrae/korrespondensie: Nelia Engelbrecht - Tel (018) 299 4937 of nelia.engelbrecht@nwu.ac.za