>

LEES MEER

>

An investment in the early development of our children is an investment in the future of our country. Equally important is the investment we make in the education of those responsible for the development of these youngsters.

VRAELYS

help jongmense met verstandige loopbaankeuses

Ons kinders moet op ’n baie jong ouderdom bepalende besluite neem – besluite wat die res van hulle lewens sal vorm. Van die belangrikste hiervan is waarskynlik om skoolvakke, tersiêre opleiding en ’n toekomstige loopbaan te kies.

 

Piet Steyn is die bestuurder vir voorgraadse studentewerwing. “Die beste raad wat ek ouers oor hul kinders se vak- en beroepskeuses kan gee, is om soveel inligting as moontlik oor beroepe waarin die kind belangstel, te kry,” sê hy. “Die Belangstellingsbepaler is 'n eerste stap om sulke beroepe te identifiseer.”

Om jongmense te help om die eerste tree op hierdie pad van keuses te gee, het die NWU se Departement Bemarking en Studentewerwing ’n aanlyn vraelys en terugvoerverslag vir graad 8- tot 12-leerders ontwikkel.

 

Die Belangstellingsbepaler-vraelys, wat leerders gratis kan voltooi, samel inligting in oor aktiwiteite wat hulle interessant vind en waarin hulle goed vaar. Amper onmiddellik nadat hulle die vraelys voltooi het, ontvang die leerders ’n individuele aanlyn verslag oor loopbane en tersiêre kursusse wat met hul belangstellings en vermoëns verband hou.

“Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie vraelys net ’n eerste stap is in die proses om ’n toekomstige loopbaan te oorweeg, en nie bedoel is om professionele loopbaanvoorligting te vervang nie,” sê Piet Steyn, bestuurder vir voorgraadse studentewerwing.

 

Die vraelys is ook gekoppel aan die lewensoriëntering-leerplan wat in skole gebruik word. In graad 9 en graad 11 word spesifieke aandag gegee aan vak- en loopbaankeuses en leerders moet ook opdragte oor hierdie onderwerp voltooi. Talle van die vrae wat in die opdragte gevra word, word beantwoord in die verslag wat leerders ontvang nadat hulle die NWU-vraelys voltooi het.

100%-afslag op klasgeld beskikbaar vir personeel

 

Is jy bekommerd oor die vernietigende uitwerking wat jou kind se studies op jou beursie mag hê? Moenie vrees nie. Permanent aangestelde personeel en personeel met vastetermynaanstellings, asook hul gades en kinders, kan verniet studeer by die NWU, met inagneming van sekere reëls en regulasies. Meer inligting oor personeelafslag is hier op die personeelintranet beskikbaar. (Onthou, jy sal waarskynlik met jou Novell ID en wagwoord moet aanteken om toegang tot die intranet te kry.)