>

LEES MEER

>

reik uit na

gemeenskappe

DIEREGESONDHEID-

Die NWU se Dale Beighle Dieregesondheidhospitaal op die kampus in Mahikeng bring gemeenskappe bymekaar deur die gespesialiseerde mediese dienste en gemeenskapsuitreikprogramme wat dit bied.

Die hospitaal se dienste aan die publiek rondom Mahikeng sluit in programme vir die inenting en sterilisasie van troeteldiere, x-straal- en bloedtoetsingsgeriewe, asook medisyne vir plaasdiere en spreekkamerkonsultasies, sê prof Mulunda Mwanza.

 

Mulunda is die hoof van die NWU Dale Beighle Sentrum vir Dieregesondheidstudies waar die dieregesondheidhospitaal geleë is. (Die sentrum is ’n onderrigfasiliteit waar graad- en diplomastudente praktiese vaardighede in dieremedisyne verkry.)

 

Die dierehospitaal bied ’n breë spektrum mediese dienste  aan diere-eienaars, van wie talle uit behoeftige gemeenskappe kom.

 

Die hospitaal werk ook saam met vennote soos die plaaslike DBV om laekoste- primêre dieregesondheidsorg soos inentings en die ontwurming van diere in gemeenskappe om Mahikeng te verskaf.

 

Mulunda sê die hospitaal se 10 veeartse en 15 dieregesondheidtegnici is almal gekwalifiseerd en toegewy om alle mediese konsultasies so gemaklik as moontlik te laat verloop.

 

“Die vlak van kennis en ervaring in die span, plus uitstekende toerusting en geriewe, verseker topgehaltediens en  versorging,” voeg hy by.

 

Om gemeenskappe in afgeleë gebiede te help, het die kliniek ’n ambulans met moderne tegnologieë wat die veeartsspan in staat stel om klein operasies te doen op pasiënte wat noodbehandeling nodig het.

 

 

Studente luister aandagtig na Thato Morwane, ’n senior dieregesondheidtegnikus

by die Sentrum vir Dieregesondheidstudies op ons kampus in Mahikeng.