Jy’s nooit te

Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg, en ouderdom moenie ’n struikelblok wees wat jou keer om jou meesters- of doktorsgraad te kry nie. Dit was skynbaar die slagspreuk van drie gegradueerdes wat nie hul ouderdom in hulle pad laat staan het nie – hulle het vroeër hierdie jaar elkeen 'n nagraadse kwalifikasie aan die NWU verwerf.

vir nagraadse studies nie

jonk of te oud

Musawenkosi “Musa” Saurombe (23) was die jongste en dr Coenraad Bezuidenhout (83) die oudste PhD-gegradueerde by die NWU se herfsgradeplegtigheid hierdie jaar, terwyl Marius Oosthuysen (75) die oudste persoon was wat ’n meestersgraad verwerf het.

 

Meer oor Musa

 

Musa het haar PhD in bedryfsielkunde by die universiteit se kampus in Mahikeng ontvang, wat haar een van die jongste vrouestudente in Afrika maak om haar PhD te verwerf.

 

Dit is nie die eerste keer dat sy haar portuurgroep uitgestof het nie. Musa was 16 jaar oud toe sy met haar BCom-graad begin het en het dit voltooi toe sy 19 was. Daarna het sy  haar honneurs- en meestersgraad op die ouderdom van 20 en 21 jaar onderskeidelik verwerf – albei met onderskeiding.

 

Sy is tans ’n postdoktorale genoot aan die NWU se kampus in Mahikeng, verantwoordelik vir die onderrig van en studieleiding aan nagraadse studente.

 

Fokus op ongetemde wildernis

 

Dr Coenraad Bezuidenhout het sy tesis voltooi oor die geskiedkundige ontwikkeling (1652 tot 2014) van jagwetgewing en -regulasies vir wild wat in Suid-Afrika gejag mag word, en die bewaring van die ongetemde wildernis.

 

Dit is die tweede doktorsgraad vir hierdie afgetrede prokureur van Hermanus. Die eerste een, in regte,

het hy in 1990 aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

 

Coenraad, wat self ’n jagter is, het besluit om sy stokperdjie die onderwerp van sy studie te maak. Een van die redes vir hierdie besluit was dat die toekoms vir die oorlewing van wild in gevaar is. Hy glo die doeltreffendheid van wetgewing wat die jagseisoen en ook die soort en getalle van die wild beheer, moet voortdurend oorweeg en, indien nodig, aangepas word.

 

Trekos

 

In Marius Oosthuysen se verhandeling kyk hy vanuit ’n geskiedkundige perspektief na die trekos en trektoerusting in Suid-Afrika.

 

Marius het van kleins af geleer hoe om met trekosse te werk deur na die “oumense” te luister, en is vandag een van slegs ’n paar kundiges in die land oor hierdie onderwerp.

 

Marius sê die doel van die verhandeling was om al sy kennis op te teken sodat dit vir die nageslag bewaar kan word. Sy studieleier, prof Kobus du Pisani van Geskiedenis en Antieke Kultuur, sê hy het omtrent niks aan die verhandeling verander nie, aangesien dit duidelik was dat Marius ʼn passie vir en ʼn ongelooflike goeie kennis van trekosse het.

 

Marius, ’n boer van die Oos-Kaap naby Alexandria, het ’n BSc- en BScHons-graad by die Universiteit van die Vrystaat verwerf.

 

Marius Oosthuysen (75) het ’n meestersgraad verwerf. Saam met hom is prof Fika Janse van Rensburg, NWU-adjunkhoof en waarnemende adjunkvisekanselier, Potchefstroom, en prof Kobus du Pisani, Marius se studieleier.

Dr Coenraad Bezuidenhout (83) ontvang sy doktorsgraad van prof Rantoa Letŝosa, die waarnemende uitvoerende dekaan van die Fakulteit Teologie.

Musa Saurombe ontvang haar doktorsgraad van Franco Nkoana, in daardie stadium die registrateur van die NWU se kampus in Mahikeng.

>

LEES MEER

>