>

>

REDAKSIONEEL

Belê in kennis en opvoeding vir die toekoms

Benjamin Franklin het op ’n keer gesê ’n belegging in kennis betaal die beste rente, en ’n ander en selfs wyser man, Nelson Mandela, het gesê opvoeding is die magtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander.

 

In hierdie opsig sou albei hierdie manne tuis gevoel het by die NWU, waar kennis en opvoeding gesien word as van die belangrikste boublokke vir ’n beter toekoms.

 

In hierdie uitgawe van Eish! kry jy talle artikels oor kennis en opvoeding. In een artikel gee prof Alfred Enrico, die wenner van die NWU se Toekenning vir Uitsonderlike Onderriguitnemendheid, nuttige wenke oor onderrig. In ander artikels kan jy lees dat die NWU onder die topvyf innoverende universiteite in Suid-Afrika is, dat studente in inheemse kennisstelsels grade ontvang het, en hoe ouderdom nie saak maak as die dors na kennis en die begeerte om te leer sterk genoeg is nie.

 

As ’n mens na hierdie artikels kyk, lyk dit of daar ’n klomp waardevolle “oorgeërfde” kennis is wat ons steeds vandag kan gebruik – inheemse kennis kan byvoorbeeld ons begrip van landbou, gesondheid, kuns en kultuur en wetenskap en tegnologie bevorder, terwyl ons ook “nuwe” kennis kan ontwikkel.

 

Kennis is egter nie net waardevol vir wat ons vandag daarmee kan doen nie. Dit is ook die fondasie vir die geslagte wat ná ons kom. Net soos ons wysheid by die vorige geslagte geërf het, moet ons probeer om ’n nalatenskap van wysheid vir die toekoms na te laat.

 

Kom ons wees verstandig genoeg om die wonderlike dinge van die verlede te gebruik om ons kennis te verryk, en wys genoeg om nie die foute van die verlede te herhaal nie. Kom ons neem Benjamin Franklin se raad ter harte en hou aan om in kennis te belê. Kom ons leer by Nelson Mandela en voed die huidige geslag op sodat hulle die wêreld in iets beter en wyser kan verander.

 

Lekker lees.

 

 

 

KLIK OM MEER TE LEES