WYS

JOU mooiste kampus-kiekies

Prof Werner Nell is die eerste wenner van ons kompetisie.

Prof Werner Nell van die Skool vir Gedragswetenskappe op die Vaaldriehoekkampus is die eerste wenner van ons fotokompetisie. Sy wenfoto, wat die rustige atmosfeer op dié kampus vasvang, het hom ’n geskenkbewys van R250 in die sak gebring.

 

Baie dankie aan almal wat ingeskryf het. Kyk gerus na sommige van die pragtige foto’s wat ons ontvang het.

 

Nou is dit jou beurt om vir ons jou beste kampusfoto’s te stuur – wie weet, dalk is jy ons volgende wenner.

 

Jy mag tot drie foto’s inskryf wat op enigeen van die NWU se drie kampusse geneem is en die uniekheid van die NWU uitbeeld. Foto’s moet in jpg-formaat en tussen 1Mb en 5Mb groot wees. Dit kan gestuur word na  annette.willemse@nwu.ac.za. Opskud, die sluitingsdatum is 12 Mei.

 

Ons sien uit na pragfoto’s!

 

 

 

>

>