>

Ontdek die NWU

 

In ons nuwe reeks wil ons interessante mense en plekke by die NWU aan jou voorstel. Ons eerste besoek is aan die NWU se Wetenskapsentrum op die Potchefstroomkampus.

 

Volgens prof Jan Smit, die bestuurder van die sentrum, het meer as 9 000 mense die sentrum verlede jaar besoek en aan die interessante aktiwiteite deelgeneem. Hierdie aktiwiteite strek oor ʼn wye gebied van die natuurwetenskappe en sluit aan by ander dissiplines soos sielkunde, kinderontwikkeling, farmasie en opvoedingswetenskappe.

 

Klik hier om meer oor die sentrum te lees.

 

Klik hier om na ’n kort video te kyk van Jan wat ’n eksperiment aan matriekleerders van Hoërskool Bothaville demonstreer.

-besonderhede

Redaksie

Personeel van die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement

Ontwerp en uitleg

Graphikos

Fotografie

NWU-kollegas en diensverskaffers

Vir verdere navrae/korrespondensie
Nelia Engelbrecht -
Tel 018 299 4937 of
Interne bussie 260

Eish! word deur die NWU se Korporatiewe Kommunikasie-departement in Afrikaans, Engels en Setswana uitgegee.