ʼn Dosent van die NWU se Mafikengkampus het met die louere weggestap by die universiteit se jaarlikse prysuitdelingseremonie vir die Institusionele Toekennings vir Onderriguitnemendheid (ITOU).

 

Dr Liqhwa Siziba van die Fakulteit Geestes- en Sosiale Wetenskappe se eenheid vir akademiese geletterdheid was die wenner in die Toekenning vir Voortreflike Onderriguitnemendheid-kategorie. Sy is die eerste dosent van die Mafikengkampus wat hierdie prestasie behaal.

 

Die ITOU-seremonie het op Vrydag 8 April tydens ʼn galadinee by Crista Galli in Potchefstroom plaasgevind.

 

Toekennings is in drie kategorieë gemaak, naamlik die Toekenning vir Opkomende Onderriguitnemendheid (TOOU), die Toekenning vir Onderriguitnemendheid (TOU) en die Toekenning vir Voortreflike Onderriguitnemendheid (TVOU).

 

Hierdie fakulteite het uitgeblink

Daar was 42 toekennings in totaal. Die fakulteit wat die meeste wenners gehad het, is die Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie op die Vaaldriehoekkampus, met ses wenners, gevolg deur die Potchefstroomkampus se Fakulteit Lettere en Wysbegeerte en die Fakulteit Opvoedingswetenskappe, met vyf wenners elk.

 

Die doel van die toekennings

Die toekennings gee erkenning aan uitnemendheid in die voorsiening van onderrig en leer. Die doelwit is om innoverende en uitstaande onderrig op al drie kampusse van die NWU te identifiseer en aan te moedig en dosente se bydraes tot studenteleer te vier.

 

Die toekennings word gemaak om waardering te toon aan dosente vir hul toewyding en verbintenis tot studentesukses en om akademici aan te moedig om op die gebied van onderrig en leer te ontwikkel.

 

Die kategorieë

Dit is die tweede jaar dat toekennings in hierdie kategorieë gemaak word. Die ITOU-beleid is in 2013 deur die Senaat hersien en goedgekeur en die hersiene ITOU-proses is in 2014 geïmplementeer.

 

Die Toekenning vir Opkomende Onderriguitnemendheid (TOOU) beloon opkomende dosente vir uitnemende onderrig. Dit gee erkenning aan dosente wat ʼn langtermynvisie vir hul professionele en loopbaanontwikkeling toon deur middel van uitsonderlike en bewese prestasie wat innovasie in onderrig en leer in hul vakgebied betref.

 

Die Toekenning vir Onderriguitnemendheid (TOU) word toegeken vir uitsonderlike en bewese prestasies in onderriguitnemendheid. Hulle het innoverende benaderings tot die fasilitering van leer wat studente inspireer en uitdaag. Hul doseermetode moedig wetenskaplike onderrig aan wat lei tot gekontekstualiseerde onderrigbenaderings en strategieë wat leer toeganklik, toepaslik en geldig maak vir studente in ʼn spesifieke dissipline.

 

Die Toekenning vir Voortreflike Onderriguitnemendheid (TVOU) gaan aan uitsonderlike wetenskaplikes in onderrig en leer. Die toekenning gee erkenning aan dosente vir leierskap en prestasie in die vakkundigheid van onderrig en leer. Uitnemendheid word onderskryf met die toekenning van die TVOU as ʼn aanprysing binne die kategorie van TOU.

 

Hoe dosente geëvalueer word

Deelnemers moet aan ten minste 80% van die individuele kategorieë se kriteria voldoen. Hulle moet ʼn portefeulje indien as bewys van hul onderrig- en leeraktiwiteite en daar is ook waarneming van ten minste twee leergeleenthede waarvan één onaangekondig is.

 

Daar word van TOU-deelnemers verwag om by ʼn jaarlikse kampus- of fakulteitsqolloquium aanbiedings te doen oor onderrig en leer.

 

Hul portefeuljes word geëvalueer deur spanne of panele wat bestaan uit verteenwoordigers van institusionele Akademiese Ontwikkeling en Ondersteuning (AOO) en AOO-onderrigadviseurs van die drie kampusse.

 

Die portefeuljes van TVOU-wenners word intern sowel as ekstern gemodereer.

Hier is die wenners

NWU vereer sy beste dosente

Beweeg af

Dr Liqhwa Siziba is die ontvanger van die Toekenning vir Voortreflike Onderriguitnemendheid. Sy sê dis vir haar ʼn groot eer. “Ek het nie hierdie pad alleen gestap nie; ek het nog altyd baie mense se ondersteuning gehad. Ek is dank verskuldig aan my ouers, wonderlike professors, vriende en akademiese mentors. Aan almal wat my motiveer en ondersteun, ek salueer julle.”

 

Liqhwa sê die toekenning is ʼn herinnering om elke dag harder te werk en op haar studente se leerbehoeftes te fokus. “Dit is vir my ʼn eer om by ʼn klaskamer te kan instap en studente te inspireer om krities oor hul leefwêreld te begin dink.”

 

Hoewel dit wonderlik is om toekennings te ontvang, is dit vir haar ook al ʼn beloning op sigself om studente te kan help. “Ek is een van daardie gelukkige mense wat elke dag huis toe kan gaan met die wete dat ek ʼn verskil maak in my gemeenskap bloot deur ʼn opvoeder te wees. My grootste beloning is dat ek ʼn dosent mag wees.”

Algehele wenner - Dr Liqhwa Siziba

  • Toekenning vir Voortreflike Onderriguitnemendheid (TVOU)    x

    DR LIQHWA SIZIBA,

    Geestes- en Sosiale Wetenskappe

  • Toekenning vir Opkomende Onderriguitnemendheid (TOOU)   x

    PROF GERT BREED,

    Teologie

    DR LIZELLE BRINK,

    Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

    MNR EMILE COETZEE,

    Geestes- en Sosiale Wetenskappe

    ME ZANDRI DICKASON,

    Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie

    DR WASHINGTON DUDU,

    Onderwys en Opleiding

    ME NAOMI DU PLESSIS,

    Geesteswetenskappe

    ME LUZAAN HAMILTON,

    Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie

    ME LANA HARMSE,

    Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie

    PROF ANDREW MAREDZA,

    Handel en Administrasie

    ME ABIGAIL MOOKETSI,

    Handel en Administrasie

    ME CHARLENE LANSER-LABUSCHAGNE,

    Regte

    ME OLIVE STUMKE,

    Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie

    ME ELSABE WEYER,

    Natuurwetenskappe

     

  • Toekenning vir Onderriguitnemendheid (TOU)    x

    DR ANRI BOTES,

    Regte

    DR CHRISNA BOTHA-RAVYSE,

    Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie

    ME ANNEKE BUTLER,

    Geesteswetenskappe

    DR ROBIN DOLMAN,

    Gesondheidswetenskappe

    PROF YVONNE DU PLESSIS,

    Handel en Administrasie

    ME ADRI DU TOIT,

    Opvoedingswetenskappe

    ME ESTIE GRESSE,

    Regte

    MNR KOBUS HAVENGA,

    Opvoedingswetenskappe

    ME ADÉLE JORDAAN,

    Lettere en Wysbegeerte

    PROF LENÉ JORGENSEN,

    Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

    ME KOTIE KAISER,

    Opvoedingswetenskappe

    ME RENÉ KORAAN,

    Regte

    DR ELIZE KÜNG,

    Geesteswetenskappe

    ME DOROTHY LAUBSCHER,

    Opvoedingswetenskappe

    DR JANET LIEBENBERG,

    Natuurwetenskappe

    ME KARIN MARTENS,

    Opvoedingswetenskappe

    PROF JAKO OLIVIER,

    Lettere en Wysbegeerte

    DR TERTIA OOSTHUIZEN,

    Gesondheidswetenskappe

    PROF OLIVIER OLELA OTAFUDU,

    Landbou, Wetenskap en Tegnologie

    DR LOUISEMARIÉ RATHBONE,

    Lettere en Wysbegeerte

    DR MARK RATHBONE,

    Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

    PROF CHRISTA RAUTENBACH,

    Regte

    DR DAWID SERFONTEIN,

    Ingenieurswese

    DR JOHAN STEYTLER,

    Geesteswetenskappe

    ME MARIAAN VAN ASWEGEN,

    Geestes- en Sosiale Wetenskappe

    DR PHILIP VAN DER MERWE,

    Lettere en Wysbegeerte

    DR DIANA VILJOEN,

    Ekonomiese Wetenskappe en Inligtingstegnologie

    DR MARLENE WIGGILL,

    Lettere en Wysbegeerte

     

>

>