DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

PROFIelE

As gesoute skrywer en redakteur het sy dit bemeester om ’n storielyn deur woorde en beelde te vind om lesers by ’n artikel betrokke te maak, of dit nou oor inspirerende entrepreneurs of oor groot korporatiewe handelsmerke gaan.

 

Dit is dus geen verrassing dat sy haarself ’n “liefdesbriefmeisie in ’n teksboodskapwêreld” noem nie.

 

In die era van blitsvinnige teksboodskappe glo Baradi dat wanneer ’n mens die waarheid, inspirerende passie en hartstogtelike liefde deel, jy meer nodig het as ’n paar kriptiese woorde wat deur ’n onsigbare kuberruim trek. Nee. Jy het kommunikasie nodig wat goed beredeneer is en ’n impak maak.

 

Klim die korporatiewe leer met ywer

 

Vir Baradi, wat ook as kommunikasiespesialis by Engen Petroleum werk, is die bemagtiging van vroue baie belangrik. Boonop is sy ’n goeie rolmodel, as ’n mens haar eie vasberadenheid om sukses te behaal, in ag neem.

 

Nadat sy in 2013 haar BA Kommunikasie-graad aan die Vanderbijlparkkampus verwerf het, het sy haar reis in die bemarkingskommunikasiebedryf begin. Sy het by PR Worx, Epic PR Group en KPMG gewerk as kliëntbestuurder, kliënteskakel, en kommunikasiespesialis.

 

Sy het in Mei 2018 by Engen Petroleum aangesluit, terwyl sy haar rol by startupAfrica voortgesit het.

 

Baradi verduidelik dat sy in 2017 die hoofredakteur by startupAfrica geword het terwyl sy nog by KPMG was.

 

“Ek was geweldig gelukkig om op daardie stadium ’n baie ondersteunende bestuurder te hê. Sy het my nie net toegelaat om hierdie nuwe geleentheid aan te gryp nie, maar sy het vir my ook baie waardevolle besigheidsadvies gegee terwyl sy my gementor het.”

 

Vier die krag van vroue

 

’n Persoonlike hoogtepunt is die Pink Power Star-toekenning wat sy in 2019 in die Team Player-kategorie ontvang het.

 

Pink Power is ’n bemagtigingsplatform wat Suid-Afrikaanse vroue wat ’n verskil in hul gemeenskappe maak, vereer. Baradi se toekenning gee erkenning aan haar begeerte om ander vroue te leer dat daar geen beperkings op hul potensiaal is nie.

 

Baradi sê sy sal nooit die uitdrukking op haar ma se gesig vergeet toe sy vorentoe geroep is om hierdie toekenning te ontvang nie.

 

“Die benoeming op sigself was eerlikwaar genoeg vir my, ek het niks meer verwag nie.” Sy voeg by dat sy die toekenning opgedra het aan die onwrikbare passie, deursettingsvermoë en harde werk van haar span by startupAfrica.

 

Studentelewe langs die Vaalrivier

 

Baradi – of Bree soos haar vriende haar noem – onthou dat sy as student op die Vanderbijlparkkampus baie teruggetrokke was.

 

“Ek was ’n redelike introvert, dus was ek nie werklik by buitemuurse aktiwiteite en die universiteit se sosiale lewe betrokke nie. My beste herinneringe is egter die vriendskappe wat ek gesmee het en die tye wat ek tussen klasse saam met vriende deurgebring het.”

 

Sy onthou ook dat sy ’n baie vol akademiese werklading gehad het. “Ek onthou dat mense geskok was wanneer ek vir hulle vertel hoeveel modules ek het,” lag Baradi.

 

Haar gunstelingvakke was Engels, kommunikasie en politieke wetenskap.

 

As sy vandag terugkyk, sal sy vir haar jonger self sê om nie bang te wees nie. “Ek het geleer dat die lewe ’n mens leer hoe om te leef, en dat dit diegene beloon wat sonder vrees leef.”

Baradi, ’n liefdesbriefmeisie in ’n teksboodskapwêreld

Baradi Moletsane, hoofredakteur en medestigter van die digitale entrepreneurskaptydskrif startupAfrica, weet uit ervaring hoe belangrik dit is om ’n goeie storie te skryf.

 

Brokkies

 

  • Baradi se ouma, Salamina (84), is haar rolmodel. “Sy het my alles geleer wat ek oor die lewe moet weet. Sy het my ook vertel dat ek ’n skrywer gaan word voordat ek dit self geweet het.”
  • Sy leef volgens die universele wet wat sê dat dit wat jy insit, is wat jy sal uitkry.
  • Wanneer sy nie by die werk is nie, hou sy daarvan om tyd saam met haar vriende en familie deur te bring.
  • Die eerste item op haar emmerskoplysie is om Griekeland te besoek.

 

 

Baradi bly besig

 

 

Kommunikasiespesialis Baradi op die verhoog tydens ’n geleentheid van Engen Petroleum.

 

Baradi agter die skerms tydens ’n fotosessie.

 

’n Tipiese dag in Baradi Moletsane se lewe bestaan uit vergaderings, skryf- en redigeerwerk en die koördinering van geleenthede wat die Engen-handelsmerk bevorder.

Baradi woon die toekenningseremonie van Pink Power saam met haar ma, Zenobia, en haar stiefpa, Sobi, by.

Baradi is nie net die hoofredakteur van startupAfrica nie, maar ook ’n stigterslid.

Baradi deel haar menings met Student Village tydens die #BeSomebody-veldtog.

INHOUD

Klik op die video hierbo om te luister hoe Baradi haar siening oor entrepreneurskap deel.

NWU & U  |

NWU & U  |

INHOUD

Baradi, ’n liefdesbrief-meisie in ’n teks-boodskapwêreld

NWU & U