DIE NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto's of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Navigasie

>

<

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

meer inligting

klik

deel

PROFIELE

“Ek het geskryf oor dit wat ons voel as ons liefhet. Hoe ouer ek word, hoe meer doen ek introspeksie. Om dieper te delf en daaroor te skryf, is nie net terapeuties nie, maar verskaf ook nuwe wysheid om ’n beter lewe te leef,” sê Jako.

 

Sy liefde vir musiek kom van ver af. Jako het in Springs grootgeword en aan die Hoërskool Hugenote gematrikuleer. Hy het musiek geskryf vir al die musiekgroepe waarvan hy in sy hoërskooljare deel was. Hy het ook ’n groot belangstelling in drama getoon.

 

Nadat hy in 2009 sy BA Regte-graad aan die NWU voltooi het, het hy sy nagraadse onderwysdiploma verwerf.

 

Hy het met sy gesamentlike kennis van die reg en onderwys in 2011 strafreg- en handelsregmodules in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag onderrig.

 

Sy eerste liefde

 

“Die kunste was egter nog altyd my passie en eerste liefde,” sê Jako, en voeg by dat om musiek te skryf sy manier is om sy ware doel te bereik.

Jako woon tans in Pretoria en, getrou aan sy eerste liefde, is hy ’n vryskutter wat oudisies bywoon en musiek skryf.

 

Hy is die hoofsanger in twee musiekgroepe, Moses Metro Man en Die Rottweilers, maar Moses Metro Man vat op die oomblik ’n blaaskans, wat vir Jako meer tyd gee om op Middernag Kantoor te fokus.

 

Hoewel dit nie heeltemal die rock-album is wat sy aanhangers verwag het nie, is daar drie rock-liedjies in, maar dit is rustiger en meer ontspanne as sy vroeëre musiek en gee ’n ander kant van homself weer.

 

’n Veelsydige kunstenaar

 

Musiek is nie Jako se enigste forte nie. Benewens dat hy ’n talentvolle musikant en liedjieskrywer is, is hy is ook ’n gesoute akteur.

 

Hy was in 2005 en 2006 ’n lid van die groep Flip A Coin, en het later opgetree in die teaterproduksie Die Wyndigters, wat oorspronklike musiek en gedigte met ’n wynproe gekombineer het.

 

Toe het die TV-kassie geroep. Hy het in 2018 vir ’n kort rukkie ’n rol in die Suid-Afrikaanse sepie Generations gehad, en ook ’n verskyning in 7de Laan gemaak, waar hy die rol van Barry Loots vertolk het. Daarbenewens was Jako ook deel van die TV-reekse Donkerland en Bloedbroers.

 

Hy sê al het al die mense wat hy tydens sy loopbaan as akteur ontmoet het, het ’n groot invloed op hom gehad, was die hoogtepunt toe hy in 2011 saam met die akteur en toneelskrywer Deon Opperman aan Deon se musiekblyspel Tree Aan gewerk het.

 

Wanneer hy nie toneelspeel of musiek maak nie, geniet Jako dit om tyd saam met sy verloofde, Inge Daneel, en sy twee budgies deur te bring. Hy geniet dit ook om te reis.

Ontdek Jako se ‘middernag’-kant

Met sy eerste solo-album, Middernag Kantoor, openbaar alumnus en musikant Jako Meyer ’n meer sielvolle kant van homself aan sy aanhangers.

Alumnus en musikant Jako Meyer is ook ’n gesoute akteur wat in verskeie Suid-Afrikaanse TV-reekse en sepies opgetree het.

Jako beskryf sy debuut-solo-album as liries en gevoelvol, met melodieë wat vol betekenis is.

 

Oor Middernag Kantoor

 

Jako se eerste album, Middernag Kantoor, wat op 10 April 2020, vrygestel is, is deur Johan Viljoen vervaardig en in Potchefstroom opgeneem. Jako het reeds twee enkelsnitte van sy album vrygestel – “Dinge Wat Ons Al Vergeet Het” en “Lugballon”, wat sy jongste aanbieding is.

 

Die album bestaan uit 12 liedjies en sluit medewerking met Deon Meiring, Roux Cloete en Marno van der Merwe in.

 

“Ek het besluit om met verskillende kunstenaars saam te werk, veral wat die skryf van liedjies betref, aangesien ek die geleentheid wil gebruik om as liedjieskrywer te groei,” sê hy.

 

“Beskerm my”, “Epiloog” en “Papawer” is van Jako se gunstelingliedjies op die album. “Hierdie liedjies skep hoop en skep ook ruimte vir introspeksie en vergifnis.” Die album sluit ook liedjies soos “Terug Na My Toe”, “Nuwe Jaar” en “Strandloper” in.

 

“Ek is baie dankbaar vir hierdie album en is opgewonde omdat mense my op ’n ander vlak gaan leer ken,” sê hy.

 

INHOUD

NWU & U  |

NWU & U  |

NWU & U