X

redaksioneel

Nelia Engelbrecht,

Redakteur

Beweeg oor die foto's om die span te ontmoet.

Willie du Plessis

Kontak gerus ons NWU & U-joernalis, Willie du Plessis, met enige nuuswenke of -navrae.

E-pos

Marelize Santana

Indien jy probleme ondevind met die navigasie (gebruik) van die digitale NWU & U, is jy welkom om Marelize Santana te kontak.

E-pos

Onseker tye

ook interessant

Beste alumni

Ons leef in 'n tyd van onsekerheid. Die wêreld om ons verander die hele tyd – die wêreldekonomie is allesbehalwe stabiel en die magsbalans tussen die groot moondhede blyk soms op 'n naald se punt te wees.

 

By die NWU ervaar ons ook onsekerheid. Met 'n nuwe strategie om ons te lei, is ons besig om die strukturele landskap van die universiteit te verander. Rapporteringslyne en rolle kan dalk verander en nuwe werksverhoudinge mag ontstaan.

 

Tog, ten spyte van al hierdie onsekerheid is daar steeds dinge by die NWU wat onveranderd bly. Mense hou steeds aan presteer en uitblink, soos die navorsers wat vir toekennings by die Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum benoem is en prof Jan Smit wat een van hierdie gesogte pryse gewen het. Lees meer oor hierdie prestasies in die artikel “Bestuurder van NWU-Wetenskapsentrum ontvang ‘Wetenskap-Oscar’”.

 

Nog 'n voorbeeld is ons program vir aanvullende onderrig wat onlangs internasionale erkenning ontvang het. Die artikel, “NWU blink uit in aanvullende onderrig”, vertel meer daaroor.

 

Dit is egter nie net die NWU se personeel wat hul oë op die bal hou nie – ons alumni hou aan om bo onsekerhede en moeilike omstandighede uit te styg. In ons alumni-profiel kan julle lees oor twee jong boere wat ten spyte van die droogte steeds plant om die nasie te voed, en onwrikbaar glo dat hulle harde werk in iets wat mooi en bruikbaar is, sal ontkiem.

 

Die hoëgehalte-inskrywings wat ons vir vanjaar se alumni-toekennings ontvang het, getuig ook van deursettingsvermoë. Om sulke hoogtes te bereik moet mens immers standvastig bly en nie toelaat dat die lewe jou van stryk bring nie. (Hou die volgende NWU & U dop vir die name van die wenners van hierdie toekennings.)

 

Beskou intussen die onsekerhede van die lewe as uitdagings en pak dit aan met die oortuiging dat julle dit in iets bruikbaars sal omskep.

 

Lekker lees,

Nelia en die NWU & U-span

 

 

Die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Klik

deel

<

>

Navigasie

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

Meer inligting

NWU & U  |