X

Nuus

Prof Mamokgethi Phakeng, ʼn kundige in wiskundeonderrig, is ʼn alumna van die Mafikengkampus.

President verleen Orde van die Kremetart aan wiskundige

Sedert die vorige artikel in die NWU & U oor prof Mamokgethi Phakeng (voorheen Setati) in 2012, het hierdie wiskundige ʼn toekenning van president Jacob Zuma ontvang en deel geword van die bestuurspan van die Universiteit van Kaapstad.

Vroeër vanjaar, by die 2016 Nasionale Ordes-geleentheid in Pretoria, was Mamokgethi een van verskeie Suid-Afrikaners wat erkenning gekry het vir hul uitstaande bydraes tot Suid-Afrika sedert 1994.

 

Sy het die Orde van die Kremetart (silwer) ontvang vir haar bydrae tot die wetenskap en omdat sy Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig deur haar navorsing. Kort daarna, op 1 Julie 2016, is sy aangestel as die adjunkvisekanselier vir navorsing en internasionalisering by die Universiteit van Kaapstad.

Mamokgethi spog met ʼn B2-gradering van die Nasionale Navorsingstigting.

Sy het in 1987 ʼn BSc-graad aan die voormalige Universiteit van Noordwes ontvang, waar sy die enigste vroulike student in haar finalejaar-wiskundeklas was.

 

In Junie 2002 het Mamokgethi, destyds ʼn wiskundeonderrigdosent by die Universiteit van die Witwatersrand, die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword om ʼn PhD in wiskundeonderrig te behaal.

 

Ses jaar later was hierdie ma van vyf die eerste vrou en die eerste swart persoon om aangestel te word as uitvoerende dekaan van Unisa se Kollege van Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie.

 

Voor haar aanstelling by die Universiteit van Kaapstad was Mamokgethi Unisa se adjunkhoof vir navorsing en innovasie.

 

 

Die NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

Klik

deel

<

>

Navigasie

volgende artikel

vorige artikel

klank

video

Meer inligting

NWU & U  |