X

News

“Gedurende die jaar sal ons aanhou om ons alumni aan te moedig om te gee deur middel van inisiatiewe soos die Feather Fund en die Meal-a-Day-projek, en ons sal ook proaktief met jong alumni skakel wat in die toekoms die beeld van alumni-verhoudinge gaan uitdra.”

Alwine Naude, alumni-koördineerder
op die Vaaldriehoekkampus

ALUMNI-AKTIWITEITE

2016 skop op ʼn
hoë noot af

VAALDRIEHOEKKAMPUS

 

Bedrywige jaar vir Vaal-alumni

 

Met “Impak” as tema vir 2016 is dit geen wonder dat die Vaaldriehoekkampus se alumni tot dusver so besig was nie – en dan lê die res van die jaar se aktiwiteite ook nog voor.

 

Die eerste vergadering vir die jaar is op 7 Maart 2016 in die vorm van 'n sakeontbyt aangebied. Die gasspreker was Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, wat die Minister van Finansies se jaarlikse begrotingsrede bespreek het.

 

Die geleentheid is deur verteenwoordigers uit die akademie, sakesektor, industrie, die plaaslike regering en deur lede van die media bygewoon. (Lees meer)

 

Verwagte hoogtepunte

 

Lede van die kampus se alumni-vereniging het nog heelwat hoogtepunte om na uit te sien vir die res van 2016, insluitende netwerkgeleenthede, reünies en nog sakeontbytsessies.

 

Daar word twee reünies vir die jaar beplan – een vir lede wat voor 2000 gegradueer het en een vir alumni wat daarna graad gekry het.

 

Die eerste reünie vind op 19 Augustus plaas. Alumni en vriende van die kampus sal tydens hierdie geleentheid na duette en solo's van Jannie Moolman en Corlea Botha kan luister.

 

Vier jong uitvoerende musikante van die Potchefstroomkampus se konservatorium sal die aand met hul optrede open.

 

Die tweede reünie, op 1 Oktober, is ʼn suksesvolle inisiatief bekend as die “Tuiskoms van die Jong Alumni” wat nou vir die tweede jaar aangebied sal word.

 

Voormalige studente gaan mekaar op die kampusgronde langs die rivier vir 'n dag van pret en ontspanning ontmoet. Na verwagting sal meer as 800 alumni die geleentheid bywoon. Hierdie groep het in 2015 geskiedenis gemaak toe hulle die eerste groep was wat tot die Alumni Feather Fund bygedra het. Hulle het meer as R14 000 aan die kampus geskenk ter ondersteuning van graduerende studente met uitstaande klasgelde.

 

Die doel van hierdie inisiatief vir jong alumni is om nuut gegradueerdes aan te moedig om aktiewe alumni te word, en as vrywilligers, donateurs, mentors of gasdosente betrokke te bly. (Lees meer)

 

 

NWU & U

 

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

 

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

NWU & U  |