X
inhoud
Redaksioneel
Beweeg oor die foto's om die span te ontmoet.
Soos julle teen hierdie tyd reeds weet, staan die NWU kniediep in veranderende omstandighede – ekstern en intern.
'n Voorbeeld van eksterne omstandighede wat die universiteit raak, is die onlangse uitdagings wat aan die hoëronderwyssektor in Suid-Afrika gestel is. Berigte oor studente-onluste, brandende geboue op kampusse en die eis vir geen verhogings in studentefooie nie – en selfs vir gratis onderwys – het die media oorheers.
Die NWU het nie ongedeerd daarvan afgekom nie. Ons is ook gekonfronteer met betogende studente en die gebou wat op die Mafikengkampus afgebrand is.
Die gevolge van hierdie gebeure het ook die NWU se beursie geraak. In die artikel “Balanseer die NWU se boeke?” kan julle meer uitvind oor hoe ons die begroting moes hersien om te vergoed vir die tekorte wat ons as gevolg van die "Fees Must Fall"-veldtog en die gevolglike 0%-verhoging in klasgelde gely het.
Intern is dinge ook aan die kook met veranderinge aan die bedryfsmodel wat ons in 'n nuwe strategiese rigting stuur. Die besigheidskole op die Potchefstroom- en die Mafikengkampus het reeds saamgesmelt om die NWU-Skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur te vorm, en een van die dae word die NWU se bestaande 15 fakulteite in slegs agt fakulteite gekonsolideer.
In hierdie maalkolk van interne en eksterne uitdagings en veranderinge is dit belangriker as ooit tevore om ons oog op die bal te hou. Ons kernbesigheid – onderrig-leer en navorsing – is steeds die middelpunt van alles wat ons doen. Trouens, die artikel oor die Institusionele Toekenning vir Onderriguitnemendheid (ITOU) demonstreer ons verbintenis tot uitnemendheid.
Om ons oog op die bal te hou, beteken ook dat ons op ons studente moet fokus. In hierdie uitgawe vertel ons hoe ons uit ons pad gaan om ons eerstejaarstudente te ondersteun en hulle te help om geleidelik in gebalanseerde, gesogte graduandi te ontwikkel.
Wees gerus: hoewel die winde van verandering ons hare deurmekaar waai, bly ons oë vasgenael op die NWU-bal.
Lekker lees.
Nelia en die NWU & U-span
NWU & U
Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.
Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.
Voorblad
In hierdie uitgawe gesels ons met alumnus Deon Meyer, een van Suid-Afrika se bekendste spannings-verhaalskrywers.
Navigasie
>
Volgende artikel
Vorige artikel
Klank
video
meer inligting
Klik
deel
>
X
Voorblad
In hierdie uitgawe gesels ons met alumnus Deon Meyer, een van Suid-Afrika se bekendste spannings-verhaalskrywers.
Navigasie
>
Volgende artikel
Vorige artikel
Klank
video
meer inligting
Klik
deel
>
inhoud
inhoud
NWU & U