X

nuus

Op 12 Maart het prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor van die Potchefstroomkampus, 220 alumni toegespreek tydens een van die grootste Moederstad-reünies ooit.

ALUMNI-AKTIWITEITE

2016 skop op ʼn
hoë noot af

POTCHEFSTROOMKAMPUS

Vriende vir altyd

Die talle alumni-gebeure wat vir 2016 beplan word, bied aan alumni van die Potchefstroomkampus gulde geleenthede om ou vriendskappe te hernu en nuwes te begin.

Tot dusver het die alumni aan vier gholftoernooie deelgeneem, ʼn hele paar glasies by wynproegeleenthede geklink, en heelwat reünies bygewoon.

Onthou die goeie ou dae

Die reünie vir alumni en voormalige dosente van Geologie en Grondwetenskappe in die Skool vir Geo- en Ruimtewetenskappe het op 27 Februarie by die Manzini Wildsoord naby Potchefstroom plaasgevind.

By die reünie vir alumni en voormalige dosente van Gelogie en Grondwetenskappe was agter, van links af, Nico van der Merwe, Frans Putter, Fred Calitz, Hans Brouwer, Chris Murray, Piet van Deventer, Johan Hattingh en Freek Venter. In die middel is Piet Pottas, Susan Meyer, Anita Mienie, Frans Waanders, Stephan Pretorius, Astrid Hattingh en Jan du Toit. Voor is Andries Martinson, Marthie Coetzee, Pat Bisschoff, Andries Bisschoff, Ig Bisschoff, Jacob Helberg en Johan Erasmus.

Van die jonger dosente en alumni by die reünie vir Geologie en Grondwetenskappe is agter, van links af, Reginald Scholtz, Luan Nel, Jandré de Wet en Ricart Boneschans. In die middel is Willie Kruger, Elrica Myburg, Cindy Faul, Jessica Strydom, Marina Harmse, Marcelle Ferreira, Sumari Koch, Jaco Koch, Angelique Daniel, Carike Pretorius, Bea Hurter, Claudia Schimmer en Elissa van Loggenberg. Voor is Jasper Dreyer, Sascha Roopa, Hekkie Harmse, Piet van Deventer, August Kruger en Theuns van Wyk.

Tydens hierdie geleentheid is daar ook hulde gebring aan prof Andries Bischoff, bekend vir sy werk in die Vredefortkoepel, en prof Hekkie Harmse, nog 'n grondkundige.

Op 12 Maart het die kolwers en boulers van die 1970's en 80's saam teruggedink aan die vreugde van 'n ses en die hartseer van 'n nulletjie, en op 6 April het alumni van Kaapstad en omliggende gebiede bymekaargekom vir een van die grootste Moederstad-reünies ooit. Prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende rektor van die Potchefstroomkampus, het hulle op hoogte gebring van die jongste kampusnuus, waarna die 220 alumni heerlik oor smullekker kos kon kuier.

Alumni van amper elke jaargroep het die 50-jaar-vieringe van die vakgroep Stads- en Streeksbeplanning bygewoon.

Die vakgroep Stads- en Streeksbeplanning het onlangs hul 50ste bestaansjaar tydens 'n spesiale geleentheid op die kampus gevier. Die gehoor het aan prof Manie Geyer, voormalige lektor, se lippe gehang terwyl hy staaltjies uit die verlede vertel het. Hy was vir amper 40 jaar by die departement.

Die pad vorentoe

Aktiwiteite wat vir die res van die jaar vir Potchefstroom-alumni voorlê, is 'n reünie vir alumni wat tussen 2010 en 2015 op die verteenwoordigende studenterade gedien het (22 en 23 Junie); 'n reünie vir alumni in die Windhoek-omgewing (13 September); die rektor se afskeidsfunksie vir huidige finalejaarstudente (20 Oktober) en 'n reünie vir die klas van 1966  (31 Oktober).

NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

NWU & U  |

X

inhoud