X

Nuus

Twee vlieë met een klap

Die alumni-kantoor op die Mafikengkampus gebruik gradeplegtighede om hul alumni-databasis te help opdateer. Hulle het 'n ooreenkoms met die fotograaf – wat alle amptelike foto’s van die nuwe graduandi tydens die plegtighede in Mei neem – om almal wat graad kry se jongste kontakbesonderhede vir hulle te gee.

ALUMNI-AKTIWITEITE

2016 skop op ʼn
hoë noot af

MAFIKENGKAMPUS

Mafikeng boer vooruit

Die alumni-kantoor op die Mafikengkampus het hulle gedurende die eerste helfte van die jaar op die skep van afdelings (“chapters”) toegespits.

Die eerste amptelike streeksafdeling is op 18 Maart 2016 in Gaborone, Botswana, gestig, en 'n uitvoerende komitee is verkies om in die toekoms alle funksies en netwerkgeleenthede te organiseer en met ander alumni in die streek te skakel.

“Ons het al streeksafdelings in Nelspruit, 'n gekombineerde streeksafdeling vir Klerksdorp en Potchefstroom, en nog een vir Johannesburg en Pretoria in Gauteng gestig,” sê Susan van Rooyen, alumni-koördineerder op die kampus.

Behalwe die streeksafdelings is daar ook belangegroepafdelings soos die MBA-afdeling wat verlede jaar in November gestig is, een vir voormalige lede van Verteenwoordigende Kampusstudenterade wat op 27 Mei 2016 gestig is, en 'n bestaande afdeling vir Christene. 'n Afdeling vir die Christelike Sionistekerk is in die pyplyn, en afdelings vir Bloemfontein en Rustenburg sal in Augustus en September hierdie jaar gestig word.

Die pad vorentoe

In Oktober vanjaar – by die jaarlikse afskeidsfunksie vir finalejaarstudente – sal dié nuweling-alumni aan die lekkerte van alumnus-wees bekendgestel word en in November 2016 sal die komiteelede van alle gevestigde alumni-afdelings vir 'n netwerkgeleentheid op die kampus bymekaarkom.

NWU & U

Stuur gerus vir ons julle kommentaar, voorstelle en enige ander bydraes wat julle wil lewer, byvoorbeeld foto’s of nuusbrokkies.

Ons waardeer julle opinies en insette – die NWU & U behoort immers aan ons almal.

NWU & U  |

X

inhoud

MAFIKENGKAMPUS

Mafikeng boer vooruit

Die alumni-kantoor op die Mafikengkampus het hulle gedurende die eerste helfte van die jaar op die skep van afdelings (“chapters”) toegespits.

Die eerste amptelike streeksafdeling is op 18 Maart 2016 in Gaborone, Botswana, gestig, en 'n uitvoerende komitee is verkies om in die toekoms alle funksies en netwerkgeleenthede te organiseer en met ander alumni in die streek te skakel.

“Ons het al streeksafdelings in Nelspruit, 'n gekombineerde streeksafdeling vir Klerksdorp en Potchefstroom, en nog een vir Johannesburg en Pretoria in Gauteng gestig,” sê Susan van Rooyen, alumni-koördineerder op die kampus.

Behalwe die streeksafdelings is daar ook belangegroepafdelings soos die MBA-afdeling wat verlede jaar in November gestig is, een vir voormalige lede van Verteenwoordigende Kampusstudenterade wat op 27 Mei 2016 gestig is, en 'n bestaande afdeling vir Christene. 'n Afdeling vir die Christelike Sionistekerk is in die pyplyn, en afdelings vir Bloemfontein en Rustenburg sal in Augustus en September van hierdie jaar gestig word.