>

>

Boodskap van die

Visekanselier

BESTE KOLLEGAS,

Die afgelope jaar moes ’n aantal personeellede kantore skuif – ek ook. Dit is deur ons nuwe struktuur genoodsaak, asook deur die behoefte om ons geriewe in ooreenstemming met ons nuwe strategie optimaal te benut. Ons het ook simbolies geskuif na ’n ander vlak waar senior bestuurders nie almal in een “institusionele” kantoor geleë is nie.

 

Ander praktiese oorwegings het die behoefte ingesluit om Studente Akademiese Lewenssiklus Administrasie (SALA) en die eksamenkantoor op die Mafikengkampus, en die Studenteregsdienste en die Taaldirektoraat op die Potchefstroomkampus na ’n toepasliker plek te verskuif. Mense en Kultuur was verspreid en word nou almal in gebou C1 op die Potchefstroomkampus gehuisves. In alle gevalle het ons ruimtes geskep wat aan elkeen se doel beantwoord.

 

Die verskuiwings hierbo het plaasgevind sonder dat ’n enkele nuwe kantoor opgerig moes word. In baie gevalle is groot kantore onderverdeel. Ruimte word dus beter benut, soos die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding van ons verwag.

 

Op die Vaaldriehoekkampus word voorsiening vir meer lesinggeriewe gemaak, en ’n nuwe administrasiegebou word beplan. Die huidige administrasiegebou sal omskep word in ’n veeldoelige ruimte – iets wat die kampus dringend nodig het.

 

Nuwe geboue vir Gesondheidswetenskappe sal ook op die Vaaldriehoek- en Mafikengkampus gebou word, en twee vloere van die nuwe G23-gebou op die Potchefstroomkampus sal vir Biologiese Wetenskappe ingerig word.

 

Al hierdie deurdagte planne dui op ’n verbintenis tot doeltreffende ruimtebenutting en ’n praktiese ingesteldheid. Personeel en studente baat reeds hierby. Ek moedig julle dus aan om die vordering te erken en die beter werksomgewings te geniet wat reeds geskep is of in die nabye toekoms geskep sal word.

 

Dit is hoe ons billikheid met hulpbronne skep en ons strategie beliggaam.