>

>

nstitusionele navorsers besin oor ’n onstuimige jaar

I

Universiteite het akkurate, betroubare feite en syfers nodig om die regte besluite te neem oor alles – van die tipe ondersteuning wat studente nodig het, tot moontlike nuwe akademiese programme om aan die behoeftes van die arbeidsmark te voldoen.

 

Hierdie feite en syfers kom van hul institusionele navorsingsdepartemente, wat elke jaar byeenkom om die nuutste tendense in hul eie vakgebiede en in die breër hoëronderwyssektor met mekaar te deel.

 

Die NWU het in Oktober verlede jaar die 23ste jaarlikse Suider-Afrikaanse Vereniging vir Institusionele Navorsing (SAAIR) konferensie aangebied.

 

Die geleentheid was vier dae van institusionele navorsingsvreugde vir almal wat die konferensie bygewoon het. By hierdie belangrike byeenkoms, wat met ʼn SAHELA-prekonferensiewerkswinkel in Potchefstroom saamgeval het, kon personeel van alle Suider-Afrikaanse hoëronderwysinstansies kennis en ervarings deel, oor ʼn moeilike jaar besin, en die pad vorentoe bespreek. (SAHELA staan vir Southern African Higher Education Learning Analytics.)

KLIK OM AF TE BEWEEG

Debatteer      mustfall-veldtogte

#

Die tema het op die uiters aktuele #mustfall-veldtogte gefokus, waarvan die impak in alle sfere van die hoëronderwyslandskap gevoel is. Afgevaardigdes van regoor Suidelike Afrika het die geleentheid gehad om oor ʼn aantal onderwerpe te praat, waaronder kontekste en praktyke van institusionele navorsing, volhoubaarheid van instansies en die rol van institusionele navorsing in die bevordering van beter begrip, ondersteuning en gehalte.

 

Afgevaardigdes kon luister na bekende sprekers en spesialiste wat hulle gedagtes gedeel het oor die stand van hoër onderwys ná studenteprotesoptrede wat dikwels met geweld en ontwrigting gepaardgegaan het. Hulle kon ook aan paneelbesprekings deelneem en verskeie eweknie-geëvalueerde aanbiedingsessies bywoon.

 

“As ons kyk na die #FeesMustFall-beweging het die regering lank gelede die verwagting van gratis onderwys geskep. Staatsubsidies het egter jaar na jaar afgeneem, terwyl die finansiële las op studente net al hoe groter geword het. Dit is die rede vir die verknorsing waarin ons vandag sit. Studente is met reg kwaad. Die konferensie het ons almal iets gegee om oor na te dink en ʼn platform daargestel vir mense om hul ervaringe te deel,” sê dr Jannie Jacobsz, direkteur van die NWU se Kwaliteitskantoor.

opsprekers sê hulle sê

T

Prof Dan Kgwadi, visekanselier, het sy perspektief op die #EverythingMustFall-opstande gedeel, terwyl prof Adam Habib, visekanselier van Wits, gepraat het oor die rol van universiteite in ʼn veranderende wêreld. Die Australiese gasspreker, prof Linda Brown, het haar insigte gedeel oor die lewering van kwaliteit hoër onderwys en nagraadse indiensneembaarheid te midde van omslagtige regulatoriese, beleids- en befondsingsraamwerke. Sy is hoof- uitvoerende beampte by Laureate Australië en Think Education en rektor van Torrens-Universiteit in Australië.

 

Alhoewel die konferensie hoofsaaklik gehandel het oor die deel van navorsing en kennis en die bevordering van institusionele navorsing, het afgevaardigdes ook die geleentheid gehad om die NWU se gasvryheid te ervaar en om te sosialiseer.

 

Netwerkgebeurtenisse wat op verskillende aande gehou is, het ʼn skemerkelkie by die Fakulteit Ingenieurswese se gebou waar ʼn aanbieding oor die wêreldbekende Vredefortkoepel gehou is, ʼn galadinee en ʼn bustoer ingesluit.

Volg die volgende skakel om sommige van die aanbiedings te sien:

http://www.saair-web.co.za/news/resource-centre/2016-conference-presentations/