KLIK OM AF TE BEWEEG

>

>

“Die nuwe gebou is 'n baken vir die opleiding van aptekers in Suid-Afrika en, aangesien ons van die beste farmasiedosente in die land het, is dit die plek waar studente in aptekerswese hul drome kan verwesenlik deur gehalte-onderrig te ontvang.”

 

So het die dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, prof Awie Kotzé, gesê tydens die opening van Farmasie en Biologiese Wetenskappe se nuwe gebou (G23) op die Potchefstroomkampus.

 

Die een vleuel van die gebou huisves tans die Skool vir Farmasie, wat vier vloere in beslag neem. Die kantoor van die direkteur, prof Sandra van Dyk, en die kantoor van die voorgraadse programbestuurder, die nagraadse kantoor (MUSA), en 'n konferensielokaal is op die grondvloer.

 

'n Kliniese Farmasie-groep en ʼn simulasielaboratorium neem die eerste vloer in beslag. Op die tweede vloer is Farmasiepraktyk en vier kleiner lesinglokale, en op die derde vloer Farmakologie en nog 'n laboratorium.

 

Die vleuel waarin Biologiese Wetenskappe (Fakulteit Natuurwetenskappe) gehuisves gaan word, is nog nie voltooi nie. Tenders vir die installering van kantore en laboratoriums is eers onlangs aangevra. Hierdie installeringskoste sal ongeveer R50 miljoen beloop.

Die visekanselier van die NWU, prof Dan Kgwadi, knip die seremoniële lint van die nuwe G23-gebou op die Potchefstroomkampus terwyl die hoofdirekteur vir fisiese infrastruktuur en beplanning, mnr Joep Joubert (links), en die dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, prof Awie Kotzé, toekyk.

KLIK OM AF TE BEWEEG

Die nuwe gebou verskaf moderne fasiliteite en 'n verbeterde leeromgewing waar die toekoms en loopbane van farmasiestudente geslyp kan word.

KLIK OM MEER TE LEES

TERUG

LEES MEER