Openingseremonies

lui die begin van ʼn nuwe akademiese jaar in

Die NWU se drie kampusse het in Februarie amptelik heropen vir die nuwe akademiese jaar.

>

>

Amptelike opening: Vaaldriehoekkampus

Amptelike opening: Potchefstroomkampus

“My siening was nog altyd dat ons universiteit ʼn instansie moet wees waar almal – ongeag taal, ras, kultuur of maatskaplike agtergrond – op ál ons kampusse welkom moet voel. Dit is tog waaroor dit by ʼn unitêre instelling moet gaan – dit is die grondslag van ons identiteit.”

Die openingseremonies in Potchefstroom, Vanderbijlpark en Mafikeng het onderskeidelik op 2, 10 en 11 Februarie plaasgevind, enkele dae nadat die klasse op die drie kampusse begin het.

 

Volgens prof Dan Kgwadi, visekanselier, het die NWU meer as 9 000 nuwe studente verwelkom.

 

“Hoewel groeiende getalle op sigself nooit die primêre aanduider van gehalte of sukses kan wees nie, is dit ʼn teken dat die NWU ʼn voorkeurbestemming vir baie skoolverlaters is.

 

“Ons gaan voort om studente van alle gemeenskappe, taalgroepe en godsdienstige oortuigings te verwelkom.”

 

Die NWU se totale koppetelling het tot 75 000 toegeneem in 2015, en die konserwatiewe skatting is dat dit tussen 2017 en 2030 teen 1,5% per jaar sal groei.

Volgens prof Dan is goeie vordering gemaak met die posisionering van die universiteit om toekomstige uitdagings die hoof te bied.

 

“Ons het ʼn nuwe strategie en nuwe struktuur-in-proses, soos einde verlede jaar deur die Raad goedgekeur. Die strategie en struktuurplan is baie duidelik oor kwessies wat met inklusiwiteit, eenheid en gehalte te doen het.”

 

Volgens hom het die werklik moeilike fase van implementering nou begin. Die strategie sal deur middel van die vyf- en tienjaar strategiese plan geïmplementeer word en die Jaarlikse Prestasieplan sal die Institusionele Plan (soos die strategiese plan voorheen bekend was) vervang.

 

 

 

Amptelike opening: Mafikengkampus

Hy het beklemtoon dat die institusionele bestuur in ooreenstemming met die amptelike taalbeleid besluit het om parallelmediumklasse op die Potchefstroomkampus uit te brei. “Dit is ʼn tree op die pad om die NWU meer inklusief te maak,” het hy gesê.

 

“Onlangse begrotingsbeperkings het ons gedwing om infrastruktuurontwikkeling in te kort, maar ons sal voortgaan om historiese wanbalanse reg te stel en om billike voorsiening op al ons

kampusse te versnel om te verseker dat die studente-ervaring dieselfde is en dat gehalte-uitkomste verseker is.”

 

Prof Dan het die personeel aangemoedig om verandering met entoesiasme te aanvaar. “Nie net omdat dit die regte ding is om te doen nie, maar ook omdat dit ʼn vereiste is om die langtermynoorlewing en groei van ons universiteit te verseker. Sonder verandering is ons gedoem.” Hy het afgesluit deur almal ʼn gelukkige en suksesvolle 2016 toe te wens.