Groot data bring groot geleenthede én uitdagings

BEWEEG AF

Die toename in aanvraag vir IKT-hulpbronne om aan grootdatavereistes te voldoen, bring groot kapasiteitsuitdagings mee. Dit is veral waar vir grootdataprojekte soos die Vierkantekilometeropstelling (SKA) en die MeerKAT-radioteleskoop.

 

Om hierdie uitdaging die hoof te bied, het die NWU en die Universiteit van Kaapstad (UK) onlangs ʼn memorandum van verstandhouding (MvV) onderteken wat navorsers via die Africa Research Cloud (ARC) sal ondersteun.

 

Maklike toegang vir navorsers

 

Die ARC se missie is om navorsers van alle domeine en by enige lokaliteit te ondersteun om toegang te hê tot ʼn volle reeks digitaal instaatgestelde data en analitiese hulpbronne wat op hul navorsingsarea betrekking het.

 

Die MvV verbind die NWU en UK tot samewerking en voorsiening van die nodige hulpbronne vir die ontwerp, bou, instandhouding en ondersteuning van die ARC, wat gebaseer is op die Openstack en Ubuntu gratis en oopbronsagtewareplatforms vir "cloud computing"*.

 

Die ARC kombineer verspreide databerging, berekeningshulpbronne en ander kuberinfrastruktuur en vaardigheidsontwikkeling in ʼn netwerkplatform vir data-intensiewe wetenskap.

 

Meer universiteite sal saam werk

 

Die NWU en UK sal die diens vestig, maar in die volgende fase sal ander universiteite soos Cambridge in die Verenigde Koninkryk en die Universiteit van die Wes-Kaap ook betrek word. Regeringsdienste soos die Sentrum vir Hoëprestasie-berekening (SHPB) en Data-intensiewe Navorsingsinisiatief vir Suid-Afrika (Dirisa) sal ook saam met hulle werk.

 

Alhoewel dit nie deel uitmaak van die MvV nie, is die privaat sektor ook betrokke: Canonical (Mark Shuttleworth), IBM en Dell is reeds deel van die vestigingsfase.

 

* "Cloud computing" behels die gebruik van ʼn netwerk van afgeleë bedieners op die internet om data te berg, te bestuur en te verwerk.

Die Noordwes-Universiteit se IT-direkteur, Boeta Pretorius, en Sakkie Janse van Rensburg, uitvoerende direkteur vir IKT by UK, by die ondertekening van die MvV oor die Africa Research Cloud. Foto verskaf.

>

>